1 Tim 1:5 (NLV) “Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en opregte geloof kom.”
Ontdek jou Vryheid
Lewe jy in vrees?
Uit verskillende plasings deur Christene op die sosiale-netwerk vra ek die volgende – Lewe jy nog steeds in vrees vir die Covid-virus?
Neem Beheer Oor Jou Gedagtes
Te midde van Covid en ‘lockdown’ en talle waarskuwings, boodskappe en nuusberigte moet ons waak oor wat ons toe laat in ons gedagtes, sodat ons nie gefrustreed, moedeloos en/of depresief raak nie.
Hoe om jou vertroue in God te bou
In opvolg van die gedeelte ‟Wandel in God se lig” en om jou vertroue in God te hou, is dit nodig dat ons leer hoe om jou vertroue deurlopend te bou en nie weer terug getrek te word in die vrees gedrewe wêreld nie.
Wandel in God se lig.
Wat glo, dink en sê ons?
Ons as Christene en epidemiese wêreld virusse
Waar staan jy as ʼn Christen met die Corona-virus, lewe jy ook in vrees soos die res van die wêreld?
Vrees, hartseer en haat in ons lewe
Lewe jy met vrees?
Glo jy en bely jy ‘dat Jesus die Seun van God is’ ?
Neem dan die volgende en maak dit jou eie en leef dit –
1Jon 4:18 Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
God se perfekte liefde verdryf alle vrees. Die oomblik wanneer jy God se liefde verstaan en dit jou eie maak, al jy geen vrees vir enigiets meer hê nie. God se liefde sal jou oorspoel en alle vrees, hartseer en haat sal weg was.
Lees die hele gedeelte 1 Jon 4:7-21.
Ewige lewe
Wat sê die woorde ‘ewige lewe’ vir jou?
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Verlossing, Genade
Verlossing word joune wanneer jy Jesus in jou lewe in nooi.
