Lewe jy met vrees?
Glo jy en bely jy ‘dat Jesus die Seun van God is’ ?
Neem dan die volgende en maak dit jou eie en leef dit –
1Jon 4:18 Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
God se perfekte liefde verdryf alle vrees. Die oomblik wanneer jy God se liefde verstaan en dit jou eie maak, al jy geen vrees vir enigiets meer hê nie. God se liefde sal jou oorspoel en alle vrees, hartseer en haat sal weg was.
Lees die hele gedeelte 1 Jon 4:7-21.
