Hoe lewe ‘n Christen?

1 Tim 1:5 (NLV) “Die doel van my opdrag is dat al die Christene daar vervul sal wees met liefde wat uit ’n rein hart, ’n skoon gewete en opregte geloof kom.



ʼn Christen moet gevul wees met liefde wat uitstraal deur sy lewe van omgee en opoffering aan ander.

Om gevul te wees met liefde moet hy die wil hê om te strewe na:

  • ʼn Rein hart – die gesingheid van ons hart, doen ons omdat ons dit vir God doen sonder ʼn verskuilde agenda om iets daaruit te kry.
  • ʼn Skoon gewete – die Heilige Gees waarsku jou wanneer jy in die verkeerde rigting neig, luister jy en het niks om oor skaam te wees nie?
  • ʼn Opregte geloof – dit is om in totale afhanklikheid van God te lewe en te doen wat Hy verlang sonder huiwering.

Wat elke weer gebore persoon homself moet afvra is, hoe ver het ek al gevorder om by volmaakte liefde uit te kom?




Lewe jy in vrees?

Uit verskillende plasings deur Christene op die sosiale-netwerk vra ek  die volgende – Lewe jy nog steeds in vrees vir die Covid-virus?



Die virus kom van die duiwel en hy wil almal – veral Christene – bang en doodmaak daarmee. Joh 10:10 en Hand 10:38

Is jy ʼn wedergebore kind van God – glo jy dat Jesus vir ons elkeen se sonde gesterf het?

As jy is, glo dan wat Paulus skryf in 2Ti 1:7: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing”

Wanneer jy met jou mond bely (spreek) dat jy die virus gaan kry en doodgaan daarvan, is jy soos Job – Job 3:25:  “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.” – dit het met hom gebeur wat hy gevrees en gespreek het.

Hou op om te vrees, hou op om alles wat die wêreld sê, joune te maak! Dit is wat die duiwel wil hê om beheer oor jou te kry. Onthou jy is deur Jesus vrygemaak van die duiwel en sy invloed. 1 Joh 4:4 en Heb 2:14-15.

Jesus het ons mag gegee om aanvalle deur die duiwel teen te staan. Mar 16:15-18.

So wat sê ek hiermee?

  • Elke oggend wanneer jy opstaan, verklaar dit wat Jesus vir jou gedoen het. Jy is gesond en geen virus sal met jou in aanraking kom en bly lewe nie.
  • Dank Jesus wat Hy vir jou gedoen het. Jes 53:3-5
  • Let daarop dat alles wat jy sê positief is.
  • Gaan aan met jou lewe binne die voorskrifte van die owerheid.
  • Jy kan nie glo in gesondheid, maar jy volg nie basiese riglyne wat nodig is om gesond te bly nie.



Neem Beheer Oor Jou Gedagtes

Te midde van Covid en ‘lockdown’ en talle waarskuwings, boodskappe en nuusberigte moet ons waak oor wat ons toe laat in ons gedagtes, sodat ons nie gefrustreed, moedeloos en/of depresief raak nie.



Daar is ‘n oormaat van inligting en meeste van die inligting is nie die volle waarheid nie, dis aangedik, of totaal fiktief en veroorsaak benoudheid, onsekerheid, bekommernis, vrees en paniek. Ons hoef nie elke boodskap en nuusberig te lees nie.

Ons moet leer om te onderskei wat is nodig en wat moet ons weggooi. Nou is die vraag hoe doen mens dit, hoe weet jy?

God se Woord sê:

2Kor 10:4-5 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (ANV)

Ons gedagtes is die oorlogsfront, dit is waar die vyand wil oorweldig en verwarring saai.

Hoe hanteer ons dit, hoe staan ons dit teë?

Jy het ‘n keuse wat jy in jou gedagtes toelaat!

As dit jou onrustig, bekommered, onseker of verward laat voel, neem ‘n besluit om daai gedagte te vervang met die waarheid – God se Waarheid – God se Woord.

Stop verkeerde gedagtes, neem gedagtes gevange – wees die polisiebeampte in jou gedagtes en sê hardop ‘Nee dis verkeerd’ en vervang dit onmiddelik met positiewe gedagtes wat op God se Woord gebaseer is.

Moet nie toelaat dat jou gedagtes oploop sit met vreesagtige gedagtes nie – moet nie die bobbejaan agter die berg loop haal nie. Meeste van die tyd kom daar niks van sulke gedagtes nie, en het ons onnodig bekommer oor iets wat glad nie tot werklikheid kom nie.

Hier is ‘n paar skrifgedeeltes om verkeerde gedagtes mee te vervang:

Rom 8:31b ‘…God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?’ (ANV)

Psa 23:1 ‘ ‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.’ (ANV)

Psa 23:6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. ‘ (AOV)

2Ti 1:7 ‘Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid (lafhartigheid ANV) gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.(AOV)

2Ti 1:7 For God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind. (NKJV)

Heb 13:5b … God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”(ANV)

Psa 118:17 ‘Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.’ (ANV)

Pilp 4:6-8 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. (ANV)

Vra God en Heilige Gees om jou te lei om te leer wat reg is.

As jou verhouding nog nie so is dat jy altyd dadelik hoor wat God sê nie, ignoreer alle boodskappe en nuusberigte en lees net die Bybel.

Bekommernis (worries) maak niks beter nie.

Verklaar eerder die Woord oor jou en jou geliefdes en wees dankbaar in alle omstandighede.

Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees, loof en prys God vir voorsiening en beskerming.

God is getrou en is liefde.

1Jn 4:18 ‘Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.’ (ANV)

2Ti 1:7 ‘Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid (lafhartigheid ANV) gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.(AOV)

Heb 12:1-2Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.’ (ANV)




Hoe om jou vertroue in God te bou

In opvolg van die gedeelte ‟Wandel
in God se lig”
en om jou vertroue in God te hou, is dit nodig dat ons leer
hoe om jou vertroue deurlopend te bou en nie weer terug getrek te word in die
vrees gedrewe wêreld nie.



Hoe bou jy jou
vertroue in God?

Die belangrikste is om die woord van God deurlopend te lees, deur die
woord vernuwe God jou gedagtes soos Hy ons vertel in Rom 12:2.

Memoriseer die
volgende beloftes van God:

2Tim 1:7  Want God het ons nie ‘n gees van
vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Ef 3:20  En aan Hom wat mag het om te
doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

1Pet 5:7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy
sorg vir julle.

Heb 13:6  Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie
vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

Elkekeer as jy af voel, desperaat, of begin om angstig te raak, of voel
jy verdrink, bevestig hierdie verse vir jouself tot die vrees weg is. Dan loof
en prys jy God.

Bykomende skrifgedeeltes wat ook God se beloftes bevestig:

Jes 41:10, Mat 28:20, Rom 8:31, Spr
3:05, Ps 91:2, Joh 14:27, Fil
4:6-7 & Gal 5:1 




Wandel in God se lig.

Wat glo, dink en sê ons?



1Jn 1:5-7  En dit is
die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig,
en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en
in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as
ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun,
reinig ons van alle sonde.

Ons glo God is ons lig in hierdie wêreld en ons wil Sy lig na die wêreld
reflekteer, maar hoe suksesvol reflekteer ons Sy lig? Wat ons dink, kom by ons mond uit. Wat hoor die
wêreld ons sê?

Leef ons in vrees
vir wat om ons aangaan,  die duisternes, of
leef ons ons vertroue in God uit, dat ons alles sal oorkom, – wat die lig van
God is?

Ons kan nie ons geloof in God bevestig en dan in
vrees lewe nie, want dan glo ons nie regtig dat in God sal ons alles oorkom
nie. Wanneer ons in vrees lewe, loop ons in die duisternis en God se lig skyn
nie deur ons nie.

Sluit jou gedagtes vir al die doempreke vanaf die duisternis en kyk na
God met vertroue dat Hy na jou kyk en jou sal beskerm.




Ons as Christene en epidemiese wêreld virusse

Waar staan
jy as ʼn Christen met die Corona-virus, lewe jy ook in vrees soos die res van
die wêreld?



Daar is nou
‘n nuwe virus en almal raak histeries daaroor. Die vraag is wat is anders aan hierdie virus as die
normale griep en verkoue virusse waaraan ons gereeld blootgestel word? Volgens wat kenners sê, is hierdie
virus ‘n mutasie van die ander griep en verkoue virusse waaraan ons reeds
blootgestel is en kan dit noodlottig wees as daar nie aandag aangegee word nie,
dieselfde as in die geval met die ander griep en verkoue virusse.

Die duiwel veroorsaak paniek deur vrees te
gebruik dat die virus jou gaan doodmaak as jy daarmee in aanraking kom of besmet
word. Hy is suksesvol om in ons Christelike lewe in te meng deur
kerkbyeenkomste gekanseleer te kry (Italië) en byeenkomste in SA moet nou
beperk word tot 100 weens die vrees dat die virus verder kan versprei wanneer Christene bymekaar
kom.

Die vraag aan elkeen wat sê hy/sy is ‘n
Christen, waar staan jy met hierdie virus, lewe jy ook in vrees?

Eerste en baie belangrik
– God het nie hierdie virus na ons toe gebring omdat Hy vir die mensdom kwaad
is nie.

God het alle mense lief – Joh 3:16 “Want so lief het God die
wêreld gehad
,
dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,”
.

Joh 14:9-10 Jesus
sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus?
Hy
wat My gesien het, het die Vader gesien
. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar
die Vader wat in My bly, Hy doen die werke
.

Hier sê Jesus dat God in hom is ‛ die Vader wat in My bly, Hy
doen die werke
’. Het Jesus
terwyl Hy hier op aarde was, ooit enigiemand vervloek of doodgemaak wat nie God
korrek gevolg het nie?

Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God
kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

God versoek of toets niemand
nie.

In die tydperk voor Jesus en God
se nuwe verbond met ons, het God aksie geneem want die wet en ooreenkoms wat God
met Israel
gehad het, het dit vereis en God het ook mense beskerm van ander wat
duiwelsbesete was.

Die situasie nou is, dat die duiwel is steeds die prins van hierdie wêreld
– Lukas 4:6 & Ef 2:1-2 – en sy hoof oogmerk is om te keer dat so min as
moontlik mense, Jesus vind en gered word.

Joh
10:10
  Die dief kom
net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat
hulle lewe en oorvloed kan hê
.

Die duiwel (dief) wil steel, slag en verwoes,
maar Jesus het gekom om ʼn lewe van oorvloed te gee. God het jou lief en
beskerm Sy kinders steeds,

Tweede is die vraag, is
jy, as ʼn selfverklaarde Christen, regtig weergebore of twyfel jy?

Om weergebore te wees moes jy die volgende met jou hele hart gedoen het –

Rom 10:9-10  As jy met jou mond die Here Jesus
bely
en met jou hart glo dat God Hom
uit die dode opgewek het, sal jy gered word
; want met die hart glo ons tot
geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Slegs God en jy weet of jy dit werklik bedoel
het en werklik weergebore is.

Hoe weet jy dat jy
weergebore is?

Jy ontvang die vrug
van die Gees wat liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid,
selfbeheersing. Jy sal passievol wees vir Jesus. Die belangrike vraag is, het jy
vrede in jou gemoed?

Fil 4:6-7  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed
en smeking met danksegging bekend word by God.
En die vrede van God, wat alle
verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus
.

Derdens is die vraag, wat
gebeur wanneer jy ʼn weergebore navolger van Jesus is?

Na Jesus gesterf het en weer uit die dood opgewek is, het Hy die duiwel
oorwin vir almal wat in Hom glo.

Heb 2:14-15  Aangesien
die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier
deelagtig geword, sodat Hy deur die dood
hom tot niet kon maak
wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon
bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe
was.

Jesus het ons van die slawerny van die duiwel
verlos en aan ons mag oor die duiwel gegee soos Hy vir ons in Markus 16 sê –

Mar
16:17-18
  Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose
geeste uitdrywe
; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle
slange optel, en as hulle iets drink wat
dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie
; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”

Die woorde ‛ as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal
dit hulle geen kwaad doen nie
’maak dit duidelik dat God ons sal
beskerm, al wat van ons nodig is, is om te glo.

Dit maak nie saak wat hier op aarde gebeur nie,
God sal ons beskerm –

Heb
13:5-6
  Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees
tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees
nie: wat
kan
‘n mens aan my doen?”

Daar is baie verse
waar God belowe dat Hy ons sal beskerm – Ps 91, 1Pet 5:7, 2Pet 2:9, Mat 28:20, Jak 54:17, Luk 21:18

Vierdens is die vraag, hoe bou ek my geloof op tot ʼn vlak dat ek
seker is dat God my sal beskerm?

Lees God se Woord, dit is die belangrikste –

Rom
12:2
  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk
word nie, maar laat God julle verander
deur julle denke te vernuwe
. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil
van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Deur die Woord van God te lees en te glo, verwyder jy al die twyfel en
vrees wat mense en die nuusmedia in jou inprent. Hierdie wêreldse beskouing
word vervang met die waarheid van God se Woord wat jou geloof in God opbou wat
nodig is om aanvale van die duiwel teen te staan en te  oorkom.

2Ti
3:16-17
  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het
groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede
reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God
staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Glo God se Woord sonder enige vraag of twyfel, baie vals predekers vertel
ons dat die Bybel op verskillende maniere moet lees, maar die enigste korrekte
manier is om dit te lees soos dit geskrywe is en dan die Heilige Gees te vra om
die verse vir jou duidelik te maak.

1Kor 2:12-14  Ons het ewenwel nie die gees van
die wêreld ontvang nie, maar die Gees
wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan
spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié
wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want
dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik
beoordeel word.

Die Heilige Gees
maak God se Woord vir ons geestelik oop sodat ons God kan verstaan en dit is nie
moontlik vir mense wat nie weergebore is om dit so te verstaan nie.

Wanneer jy die Woord van God
lees, skryf die beloftes van God se beskerming neer. Lees dan hierdie verse daagliks en jou geloof in
God en Sy beskerming sal groei.

Vyfde begin om nagmaal daagliks
te gebruik.

Gebruik dit elke oggend soos jy jou vitamienes daagliks drink.

Hoekom nagmaal gebruik?

Jesus se liggaam was vir ons met die kruisiging gebreek – geslaan soos
aangehaal in –

1Pe
2:24
  wat self ons sondes in sy liggaam op die
kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid
lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Ons moet ʼn lewe sonder sieke lei, want Jesus het reeds al ons sonde gedra, siekte wat ʼn vloek is, was op Sy liggaam met Sy
kruisiging. Dit beteken die brood wat ons eet is Jesus se liggaam wat vir ons
gebreek is, sodat ons gesond, heel en voorspoedig kan wees en die wyn wat ons
drink is Jesus se bloed wat vir ons gegiet is, wat ons skoon gewas het van ons sonde
en sonde-natuur en dat ons geregverdig voor God kan staan.

Kan enige iemand nagmaal by homself of
haarself gebruik?

Daar is nêrens in God se Woord verwysing dat net sekere mense leiding mag
neem met die gebruik van nagmaal nie, soos die geval was met die priesters in
die Ou Testament met sonde-offers vir God nie. Ons is nou heilige priesters in
Jesus.

1Pe 2:4-5  Kom
na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God
uitverkore en kosbaar is; en laat julle
ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom,
om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus
.

Wanneer nagmaal gebruik
word, gebruik die volgende verse –

1Ko
11:23-25
  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan
julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood
geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle
gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
Net so ook die beker ná die ete,
met die woorde: Hierdie beker is die
nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my
gedagtenis
.

Elke keer wat jy nagmaal gebruik, gedenk jy dit wat
Jesus vir jou gedoen het aan die kruis en dat jy gesond, heel en voorspoedig,
sonder sonde en geregverdig voor God is. Dit sal ook jou geloof opbou dat jy in
Jesus reeds gesond is al sien jy dit nie op daardie oomblik nie, sal dit
manifesteer solank jy dit glo.

Moenie
dat die volgende vers jou afskrik om nagmaal te gebruik nie – 

1Ko 11:27  Wie
dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal
skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

Die gebruik van nagmaal is geestelik en slegs weergebore gelowiges kan
nagmaal gebruik want hulle het die Gees van God in hulle en is geestelik. Dit
gaan oor hoe jy die liggaam van Christus en wat Hy gedoen het benader, wat dit
onwaardig kan maak. Bv. Glo jy werklik alles wat Jesus op die kruis en in die
graf deur gegaan het en dat Hy vir almal se sondes op die kruis gesterf en weer
opgestaan het? As jy dit nie glo nie dan gebruik jy nagmaal op ʼn onwaardige
wyse.

Kom ons wees prakties.

  • Gaan
    terug na God se Woord en lees dit met die hulp van die Heilige Gees. Vra die
    Heilige Gees elke keer wat jy die Woord lees, om dit vir jou oop te maak. Dit
    sal jou geloof opbou.
  • Skryf
    al die verse waar God belowe Hy sal na ons omsien neer en lees dit elke dag om
    jou geloof verder op te bou.
  • Moenie
    dat die nuusmedia en sosiale netwerk jou vreesbevange maak nie, neem kennis van
    belangrike inligting wat uit betroubare bronne kom, volg die Regering se reëls
    en hou jou vertroue in God.
  • Gaan
    aan met jou normale lewe, gaan werk, winkels, en kerk toe met bevestiging van jou
    geloof in God en dat Hy jou sal beskerm deur Hom te bedank vir Sy beskerming
    wanneer jy jou huis verlaat.
  • Wanneer
    en indien hulp benodig word, gaan uit en help met die geloof dat geen virus sal
    oorlewe wanneer dit inkontak met jou kom nie.
  • Gebruik
    daaglik nagmaal.
  • Laat
    God se lig deur jou skyn vir al die vreesbevange mense om jou. Wat beter manier
    om mense vir Jesus te wen.
  • Jy
    behoort nou al te weet wat die simptome van die virus is en indien jy van
    hierdie simptome in jouself agterkom, gaan en kry hulp. Jy is nie ʼn mislukking
    wanneer die virus en duiwel toegang tot jou liggaam kry nie. Medies
    gesondheidsdienste is deur God beskikbaar gestel, gebruik dit.
  • Baie
    belangrik wees altyd positief, glo in God en weerstaan die duiwel wat vrees in
    elkeen wil laat ontbrand. Wanneer jy begin bang word, gaan sit en praat met
    God. Vertel Hom wat op jou hart is en waarvoor jy bang is. God is getrou
    en sal jou help.
  • Wees versigtig dat jy nie die virus oordra na
    ander mense wat nie op dieselfde vlak van geloof as jy is nie.



Vrees, hartseer en haat in ons lewe

Lewe jy met
vrees?

Glo jy en
bely jy ‘dat Jesus die Seun van God is’ ?

Neem dan die
volgende en maak dit jou eie en leef dit –

1Jon 4:18  Waar
liefde is, is daar geen vrees nie,
maar volmaakte liefde verdryf vrees, want
vrees verwag straf, en wie nog vrees,
het nie volmaakte liefde nie
.

God se perfekte
liefde verdryf alle vrees. Die oomblik wanneer jy God se liefde verstaan en dit
jou eie maak, al jy geen vrees vir enigiets meer hê nie. God se liefde sal jou
oorspoel en alle vrees, hartseer en haat sal weg was.

Lees die hele
gedeelte 1 Jon 4:7-21.




Ewige lewe

Wat sê die woorde ‘ewige lewe’ vir jou?
Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.



Wat is die belangrike deel hier waaroor ons nou gesels? – ‛Die ewige lewe sal hê’.
Almal lewe vir ewig. Hoe gaan ons ewig lewe – fiesies of geestelik?
Die liggaam is die deel van ons gees, siel en liggaam wat agterbly en vergaan hier op aarde. Ons gees en siel gaan na God toe.
Daar is ’n geestelike dimensie wat bestaan.

Baie word gered maar lewe steeds in ’n hel hier op aarde.
In armoede, met siektes van kanker – deppressie – ens, vrees, ongelukkig, ens.

Joh 4 Gebeure by die put en met die Samaritaanse
Joh 4:10  Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
Joh 4:13-14  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
V10gawe van God”geskenkgift in Engels en Grieks.
V14‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe”fontein tot ewige lewe

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
U ken’ Engels ‘know’ – word gebruik as intieme verhouding. (Gen 4:1)

Kyk ook in die volgende verse dat God en Jesus ‘n verhouding met elkeen van ons verlang.
1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
Opn 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

God wil die middelput van ons lewe wees.

Verhouding met God is meer as net 5 sintuie – daar is ‘n geestelike kant waarmee ons met God en Jesus ‘n verhouding het.
Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Elkeen kommunikeer deur sy eie gees met God.
Hierdie kommunikasie vat tyd om te ontwikkel en om dit te onwikkel is kennis nodig en dus moet die Woord bestudeer word en deur gebed (gesels met God soos jy met enige ander persoon waarmee jy ʼn goeie verhouding het gesels)
2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Wanneer ons met God gekoppel is het ons ‘n beter lewe hier op aarde al.
Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
1Joh 5:11-12  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Joh 6:47-48  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe.
Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Afsluiting – Bou ‘n verhouding met God deur kennis en geloof. Geniet lewe hier op aarde




Verlossing, Genade

Verlossing
word joune wanneer jy Jesus in jou lewe in nooi.



Jesus
se dood aan die kruis en sy opstanding 3 dae later, maak dit vir ons
moontlik om in geregtigheid voor Vader God te staan, om ons sondelas
agter te laat en deur geloof in te stap in die genade wat God vir ons
alreeds van voor die skepping, vir ons beplan het.

Vader
God het ons lief en het reeds voor die skepping ons elkeen beplan.

Psa
139:16

U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal
opgeskrywe:
dae
dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
(AOV)

Is
dit nie wonderlik nie? Ons dae was bepaal voordat daar ‘n enkele dag
bestaan het!

Ons
sondig almal dis wat ons van Adam en Eva ge-erf het, maar reeds na
die sondeval het Vader God belowe dat Hy ‘n verlosser sal stuur (Gen
3:15

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad
en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die
hakskeen byt.)
en
dit was Jesus. Jesus het die volle prys betaal want Hy alleen was
sondeloos maar ook volkome mens. Dit het Hom laat kwalifiseer, ons is
te sondig, ons kon onsself nie los koop nie. Deur God se liefde en
genade was Sy seun Jesus ons enigste redding.

Jesus
het vir ons met Sy lewe, ‘n baie duur prys
betaal en ons die keuse gelaat om self te besluit of ons die kosbare
geskenk gaan aanvaar. Deur Sy opoffering kan ons reeds hier op aarde
God se genade beleef.

Jesus
se opoffering het vir ons verlossing moontlik gemaak. Die oomblik wat
ons erken en aanvaar dat Jesus die enigste manier is waardeur ons
verlossing kan kry en dan Jesus as ons verlosser in ons lewens in
nooi, is ons onmiddelik verlos van ons sondige natuur. Wanneer on
Jesus in ons harte in nooi vind ‘n wonder plaas en ons gees word
heeltemal vernuwe. (2Kor5:17)
Maar meer hieroor ‘n ander keer.

Ons
is in verwondering en dankbaar vir ons nuut gevonde
verlossingsgeskenk. Dikwels bly ons egter hier vassteek in ons
dankbaarheid en ontdek nie die res van ons wonderlike geskenk nie.
Dit is belangrik dat ons meer moet leer en uitvind wat alles in ons
geskenk is, moet nie so opgewonde, dankbaar en tevrede met jou
verlossing wees dat jy nie verder kyk wat alles in jou kosbare
geskenk is nie. Soek ‘n plek waar jy meer kan leer
of in dissipelskap gelei
sal word en moenie ophou soek nie, God het meer vir jou.
Jesus het dit ook belowe voordat Hy opgevaar het om aan die
regterhand van sy Vader te gaan sit.

Ondersoek
en ervaar God se genade en liefde. Vind Sy bevrydende vrede en
vryheid.