Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 2:13 ‘want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.’ ANV
Deur Jesus is ek gewillig en bekwaam om te doen wat God plesier. Prys die Here!
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is Koninklikes!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 2:13 ‘want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.’ ANV
Deur Jesus is ek gewillig en bekwaam om te doen wat God plesier. Prys die Here!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Filippense 2:5 ‘Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het:’ ABA
Fil 2:5 ‘Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:’ ANV
Ek dink soos Jesus! Sy Woord vorm my denke en gesindheid. Prys die Here!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Opsomming: Filippense 1
Fil 1:1 – Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.
Fil 1:6 – ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! (Ef2:10)
Fil 1:20 – Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid.
Fil 1:21 – Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig.
Prys die Here! U gee my krag en moed! Dankie Jesus!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 1:21 ‘Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.’
Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig. Dankie Jesus!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 1:20 ‘volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.’ AOV53
Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid. Dankie Vader God, U gee my krag en moed!
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 1:6 ‘omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’ AOV53
Prys die Here! ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! Dankie, Jesus. (Ef2:10)
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Fil 1:1 ‘Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:’ AOV53
Die gelowiges word as heiliges in Christus gegroet. Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Opsomming: Efesiërs 6
Ef 6:10 – Ek het krag deur my verhouding met Jesus Christus!
Efs 6:13 – U wapenrusting gee my krag en moed, en laat my staande bly
deur alle aanslae van die bose.
Efs 6:16 – Deur Jesus, kan ek met die skild van geloof, al die pyle van vuur uitblus wat na my toe kom.
Dankie Vader God, vir Jesus en die wapenrusting.
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Efs 6:16 ‘Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.’ AOV53
Deur Jesus, kan ek met die skild van geloof, al die pyle van vuur uitblus wat na my toe kom. Dankie Vader God, vir Jesus en die wapenrusting.
Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Efs 6:13 ‘Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.’ ANV83
Dankie Vader God, U het deur Jesus vir ons wapenrusting voorsien. Dit gee ons krag en hou ons staande, teen alle aanslae van die bose.