Koninklike Identiteit 3 Mei 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 2:13 ‘want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.’ ANV

Deur Jesus is ek gewillig en bekwaam om te doen wat God plesier. Prys die Here!




Koninklike Identiteit 26 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Filippense 2:5 ‘Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het:’ ABA

Fil 2:5 ‘Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:’ ANV

Ek dink soos Jesus! Sy Woord vorm my denke en gesindheid. Prys die Here!




Koninklike Identiteit 19 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Filippense 1

Fil 1:1 Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.

Fil 1:6  –  ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! (Ef2:10)

Fil 1:20Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid.

Fil 1:21Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig.

Prys die Here! U gee my krag en moed! Dankie Jesus!




Koninklike Identiteit 12 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:21 ‘Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.’

Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig. Dankie Jesus!




Koninklike Identiteit 5 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:20 ‘volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.’ AOV53

Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid. Dankie Vader God, U gee my krag en moed!




Koninklike Identiteit 29 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:6  ‘omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’ AOV53

Prys die Here! ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! Dankie, Jesus. (Ef2:10)




Koninklike Identiteit 22 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:1 ‘Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:’ AOV53

Die gelowiges word as heiliges in Christus gegroet. Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.




Koninklike Identiteit 15 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Efesiërs 6

Ef 6:10  – Ek het krag deur my verhouding met Jesus Christus!

Efs 6:13 – U wapenrusting gee my krag en moed, en laat my staande bly

deur alle aanslae van die bose.

Efs 6:16 – Deur Jesus, kan ek met die skild van geloof, al die pyle van vuur uitblus wat na my toe kom.

Dankie Vader God, vir Jesus en die wapenrusting.




Koninklike Identiteit 8 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 6:16 ‘Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.’  AOV53

Deur Jesus, kan ek met die skild van geloof, al die pyle van vuur uitblus wat na my toe kom. Dankie Vader God, vir Jesus en die wapenrusting.




Koninklike Identiteit 1 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 6:13 ‘Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.’ ANV83

Dankie Vader God, U het deur Jesus vir ons wapenrusting voorsien. Dit gee ons krag en hou ons staande, teen alle aanslae van die bose.