Koninklike Identiteit 1 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 6:13 ‘Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.’ ANV83

Dankie Vader God, U het deur Jesus vir ons wapenrusting voorsien. Dit gee ons krag en hou ons staande, teen alle aanslae van die bose.