Lewe jy in vrees dat jy nie goed genoeg is vir God en dat Hy jou nie lief het nie?
1Joh 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.
God het elkeen van ons lief, ongeag wat ons gedoen het, en het Jesus aarde toe gestuur om ons van die sondelas te bevry. God het dit uit Sy eie gedoen net omdat Hy elke mens op aarde wat geleef het, nou lewe en in die toekoms sal lewe, lief het.
1Joh 4:15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.
Al wat ons moet doen is om in ons hart te glo en met ons mond bely dat Jesus vir ons sonde gesterf het (Rom 10:9-10) sodat God in ons kan kom bly en ons in Hom. Jesus se offer versoen ons met God en God sien nie meer ons sondes raak nie (Heb 10:17-18).
Begin dan om ʼn verhouding met God te bou, aanvaar Sy liefde en seën hier op aarde. Moenie dat jou tekortkominge jou terughou nie, God het jou lief net soos jy is, bou aan jou vertroue in God.
Ons as gelowiges het niks om meer te vrees nie, wanneer ons hier op aarde sterf gaan ons na God toe.
