Jy is ‘n weergebore kind van God maar:
- Jy twyfel of jy steeds of jy gered is,
- Jy weet nie of God jou lief het nie,
- Jy lewe steeds onder wette en gebruike wat op jou afgedwing word deur die kerk.
Jy is ‘n weergebore kind van God maar:
Jy het Jesus as jou redder aangeneem, maar oor die tyd van die pad afgedwaal en sonde gedoen. Jy weet nie meer of jy nog gered is nie.
Hoe voorspoedig is jou lewe?
In watter toestand is jou siel maw jou gemoed en emosies?
Waarmee voed jy jou siel – die wêreld se dinge of God se Woord?
Is jy bekommerd of bang oor wat in die wêreld aangaan? Wil jy weet wat jy kan doen?
Geniet jy al die ewige lewe van vrede, beskerming en voorspoed al op aarde na jou weergeboorte?
Wat is die verskil tussen God se liefde, die liefde wat God van ons verlang en die wêreld se liefde?
Is die bewerings dat sekere predikers vals leraars is, korrek? Is alles wat jy nou leer en dalk deur die jare geleer het, korrek of net half korrek of vals? Hoe bepaal jy dit wat jy leer of geleer het is korrek?
Het jy ‘n goeie verhouding met jou pa gehad of was hy krities of het hy jou mishandel of is hy vroeg weg uit jou lewe? Jy het steeds ‘n Vader in die hemel wat vir jou lief is en nie die probleme wat jy ondervind het oor jou gebring nie.
Weet jy hoe lief God jou het? Weet jy wat jou stand nou is as kind van God? Weet jy hoe jy gaan wees wanneer Jesus terugkom? Weet jy hoekom die wêreld jou haat omdat jy ‘n kind van God is?
Wat getuig jou lewe – jou optrede en wat jy sê? Getuig dit dat jy Jesus volg? Kan Jesus in jou optrede gesien word? Of sê jou optrede jy is net soos baie wat sê jy is ‘n Christen, maar jou lewe wys die teenoorgestelde.