Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
die opsomming uit Galasiërs:
- Omdat ek in Christus glo, is ek ‘n geloofskind van Abrham ons vader van geloof in God (Gal3:7) en ook net só geseënd. Dankie Vader!(Gal3:9)
- Ek is deur geloof in Jesus, vrygespreek en reg voor God en geseënd! Dankie Vader God! (Gal3:8)
- Dankie Jesus, U het die vloek namens ons op die kruis gedra, sodat ons vry is van die sondelas en die vloek! (Gal3:13)
- Ek glo in Jesus Christus se voltooide werk op die kruis, daarom is ek geseën met dieselfde seëning as Abraham en ek het ook die Heilige Gees deur geloof ontvang. (Gal3:14)
