Identiteit in Christus 9 Mei 2026

Hoor wat sê God:

Fil 4:7 ‘En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.’ ANV

My Identiteit:

Die vrede van God, hou wag oor my gedagtes in Christus!

Identieit in Christus 2 Mei 2026

Hoor wat sê God:

Samevatting:

Filp3:3, 9, 14, 20.

My Identiteit:

Ek is vrygekoop deur Jesus, ’n burger van Sy Koninkryk; ek roem in Hom, dien in die Gees en leef doelgerig vir my hemelse roeping.

Identiteit in Christus 25 April 2026

Hoor wat sê God:

Fil 3:20 ‘Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.’ANV

My Identiteit:

Ek is ‘n burger van Christus se Koninkryk! (Kol1:13)

Identiteit in Christus 11 April 2026

Hoor wat sê God:

Fil 3:9 ‘en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;’ AOV

My Identiteit:

Ek is geregtig (vry gekoop, gered) deur my geloof in Christus!

Identiteit in Christus 4 April 2026

Hoor wat sê God: Fil 3:3 ‘Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie’ AOV

My Identiteit:

Ek roem (juig) in wat Jesus gedoen het en nie in my eie krag nie, en ek dien God in die Gees.

Identiteit in Christus 14 Maart 2026

Hoor wat sê God:

Fil 1:6 ‘….. , dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’ AOV’53

My Identiteit:

‘n Goeie werk is in my begin en Jesus sal dit voortsit in die res van my lewe.

Identiteit in Christus 21 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

2 Tim 2:10b ‘…., sodat ook hulle die verlossing in Christus Jesus met ewige heerlikheid kan verkry’. AFR20

My Identiteit:

Ek het my verlossing met ewige heerlikheid in Christus Jesus ontvang

Identiteit in Christus 7 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

2 Tim 1:9 ‘Hy het ons verlos en geroep met ‘n heilige roeping – nie op grond van ons dade nie, maar op grond van Sy eie besluit en genade. Reeds van ewigheid af is dit in Christus Jesus aan ons geskenk,’ AFR20

My Identiteit:

Ek is gered en geroep met ‘n heilige doel, as ‘n genade-geskenk, in Christus, van die begin af.