ID in Christus 9/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:32 ‘Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?’ (AOV)

Ek het alles gekry wat God het! Dankie Vader, vir U genade en dat U tot U Seun nie van ons weerhou het nie.

ID in Christus 2/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:26 ‘Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.’ (NLV)

Ek het Heilige Gees in my, wat my help en by God vir my intree. Wat ‘n wonderlike seën en voorreg!

ID in Christus 26/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:17 ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’ (AOV)

Ek is gered van die sonde-las, want Jesus het mens geword vir my verlossing.

Ek is dankbaar en geseënd!

ID in Christus 19/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:17 ‘En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook Sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.’ (NLV)

Hoe wonderlik is dit, ek is ‘n mede erfgenaam saam met en deur Jesus Christus! As ons saam ly, word ons ook saam verheerlik. Dankie Jesus!

ID in Christus 12/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:17 ‘ En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid.'(ANV)

As kind van God is ek ook ‘n erfgenaam saam met Christus. Ons sal beloon (verheerlik) word, net soos ons saam met Hom ly (dood vir sonde). (2Tim2:11,12)

ID in Christus 5/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:14 ‘Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God’. (AOV)

Ek is ‘n kind van God want Sy Gees lei my! Dit is wonderlik en ‘n groot seën. Dankie Jesus.

ID in Christus 28/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:9-10 ‘Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees het nie, is nie een van Sy mense nie! 10 As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is.'(ANV)

Heilige Gees woon in my, daarom leef ek vir ewig want my saak met God is reg. Ek is geregtig, vrygespreek!

ID in Christus 21/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:2 ‘Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood.’ (NLV)

Dankie Jesus! U het my bevry van die greep van sonde en dood! Ek het die ewige lewe.

ID in Christus 14/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:1 ‘Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.’ (AOV)

Ek wandel in die gees, nie in die vlees nie, daarom is ek onskuldig en vry, daar is geen veroordeling meer nie!

ID in Christus 7/11/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

God het my lief (Joh3:16; Ef1:4)

Hy het my beplan, ek is nie ‘n las nie (Ps139:16)

Ek is God se skeppingswerk (Ef2:10)

Ek is ‘n kind van God (Joh1:12; Kol1:13)

Ek is verkies, aanvaar en aangeneem (Ef1:5)

Ek is verlos, heilig, geregtig (vry) en het wysheid in Christus (1Kor1:30)

Ek is vergewe (Ef1:7; Joh3:17-19)

Ek is sonder blaam, sonder oordeel (Rom8:1-2)

Ek het logiese denke (nie vrees nie), krag, liefde en selfbeheersing (helder en goeie verstand) (2Tim1:7)

Ek het God se genade en guns (Ef1:7; Luk2:14; Spr3:4; Ps23:6)