ID in Christus 20/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:17 ‘Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.’ (AOV)

Ek is in Christus! Daarom is die ou ek dood en leef ek nou vanuit my nuwe gees wat splinternuut is in Christus.

ID in Christus 13/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 3:5 (4-6) ‘4 Dit is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus 5 Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6 wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. ‘(NLV)

Ek is bekwaam deur wat Jesus gedoen het en deur die Gees kan ek ander bedien in die nuwe verbond. Dankie Jesus!

ID in Christus 6/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor2:14 ‘Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. ‘ (AOV)

Dankie Vader, dat ons U in oorwinning kan vergesel en dat ons die geur van U kennis kan versprei.

ID in Christus 27/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor2:14 ‘Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in Sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van Sy kennis op elke plek.’ (NLV)

Dankie Vader, dat ons deur Jesus Christus in oorwinning lewe!

ID in Christus 20/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor 6:20 ‘Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.’ (AOV 53)

Ek is met Jesus se bloed gekoop, dit was ‘n baie hoë prys wat Hy vir my betaal het.

Baie dankie Jesus, dat U my vrygekoop het van my sonde-skuld. Ek loof en prys U daarvoor!

ID inChristus 13/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1 Kor6:17 ‘Daarteenoor word diė wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een.’ (NLV)

Ek het my aan die Here verbind, daarom is my gees een met Sy Gees, en woon Hy in my.

ID in Christus 6/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor 1:30 ‘Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.’ (AOV 53)

1Kor 1:30 ‘Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vryspreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het.’ (NLV)

Christus het vir my die wysheid van God geword. Dit beteken, ek is in Christus en ek staan vry (geregtig), helig gemaak en verlos voor God. Dankie Jesus!

ID in Christus 30/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor 1:2 ‘ die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:'(AOV 53)

Paulus spreek ons aan as, ‘heiliges in Christus en geroepe heiliges’. NLV sê ‘deur Christus Jesus afgesonder en geroep om Syne te wees’.

Dus verklaar ek, ek is heilig en opsygesit vir Christus!

ID in Christus 23/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:38-39 ‘Eending weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39 Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

Ek het is ongetwyfeld (sonder enige twyfel) en ten volle oortuig dat God my lief het! En Jesus het my ook lief én niks kan my skei van hierdie wondelike en ewige liefde nie. Nie eers my sonde nie.

ID in Christus 16/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:37 ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.’ (ANV)

Ons is oorwinnaars as gevolg van Jesus se liefde vir ons! Dankie Jesus, deur U is ons wenners!