ID in Christus 31/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:22 ‘Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.’ (ANV)

Ek is heilig (toegewei aan God; skoon gewas en regverdig voor God) en ek het die ewige lewe gekry! Omdat ek in Jesus glo en dít wat Hy vir my gedoen het. Dankie Jesus!

ID in Christus 24/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:18 ‘Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.’ (ANV)

Ons is deur ons geloof in Christus vrygespreek van die sondelas, ons is nie meer slawe van sonde nie, maar het nou slawe geword van God se geregtigheid, ons lewe in God se wil en doel vir ons.

ID in Christus 16/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:14 ‘Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy voer nie. Julle leef immers nie meer onder die verslawende mag van die wet nie, maar onder die bevrydende mag van die genade.’ (NLV)

Dankie Vader, dat U Jesus gegee het sodat ons vry is van sonde en sonde se mag. Dankie vir U bevrydende genade waaronder ons nou staan.

ID in Christus 10/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:13 Julle is betrokke in ‘n geestelike oorlog. Moenie langer julle liggaamlike vermoëns as wapens van ongeregtigheid vir die sonde beskikbaarstel nie, maar stel julleself voortdurend vir God beskikbaar omdat julle uit die dood weer lewendig geword het. Stel julle liggaamlike vermoëns as wapens van geregtigheid tot God se beskikking. (NLV)

Dankie Jesus dat U my vrygekoop het van die sonde-natuur. Dankie Vader, dat ek myself en my vermoëns kan aanbied in U diens, omdat ek geregtig (vrygespreek) is voor U.

ID in Christus 03/10/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom6:11 Julle moet dus ook vir seker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle met Christus één is. (NLV)

Ek is een met Christus (in eenheid), ek lewe vir God en my sonde-natuur is dood, sonde beheer my nie meer nie. Dankie Jesus!

ID in Christus 25/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (AOV)

Rom 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (AOV)

In ons nuwe lewe is daar nie meer dood (verwydering van God) nie, ons leef nou die EWIGE lewe saam met Christus!

ID in Christus 18/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (ANV)

Ek is nuut in my gees, ek is soos Christus in my gees. My siel (denke, wil en emosie) moet nou vernuwe word om by my nuwe gees aan te pas. My siel hoef nie meer sonde slaafs na te volg nie.

ID in Christus 11/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (ANV)

My sondige-aard, my ou mens, is saam met Christus gekruisig, toe ek wedergebore is. My siel (denke, wil, emosies) leer nog. In my gees is ek nuut gemaak! My sondige-aard bestaan nie meer nie, want my gees is nuut en soos Christus se Gees.

ID in Christus 4/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. (ANV)

Ek is een met Christus deur Sy dood en opstanding. Dit beteken ek is in alles soos Jesus Christus, deur Sy Gees wat in my woon! Ek het Sy krag (power), Sy outoriteit, Sy wysheid, Sy kennis in my gees! In my gees is ek soos Jesus Christus is!

ID in Christus 28/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. (ANV)

Ek is een (verenig) met Christus deur Sy dood en opstanding. Wat ‘n wonderlike wete en seën! Dankie Jesus Christus.