ID in Christus 8/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet 2:9 ‘….Julle is ‘n koningkryk wat uit priesters bestaan, ‘n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ‘n volk wat heeltemal God s’n is. Dit het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in Sy wonderlike lig ingeroep het.’ (NLV)

Ons wat glo is, priesters, ‘n nasie in God se diens, ons is geheel en al God se eiendom. Ons behoort aan God! Dankie Vader, die wonderlike seëning bring ons in U lig.

ID in Christus 2/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet 2:9 ‘Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, ‘(AOV)

Ons is gekies om koninklike piesters en ‘n heilige volk te wees! Ons moet God se diens en goedheid verkondig. Ons is nie meer in die donker nie, ons is lig.

ID in Christus 25/04/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pe 1:15, 16 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, 16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. (AOV)

Jesus het ons geroep tot geloof en om heilig te wees, ons het ‘n rol in ons eie heilig wording. Dis ‘n keuse wat ons maak, om Jesus te glo en te vertrou wat daartoe lei dat ons lewenswandel Sy heiligheid reflekteer. In Jesus is elke gelowige heilig (set apart, consecrated, sanctified).

ID in Christus 18/04/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 3:12 ‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.’ (ANV)

As God se geskappenes is ons uitverkore en het God ons baie lief! (Ps139) Hoe wonderlik, ons is uitverkies van die begin af en God het ons baie lief. Dankie Vader, U het elkeen van ons geskape, gekies en lief!

ID in Christus 11/04/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 3:12 ‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.’ (ANV)

Ons is die uitverkorenes van God en God het ons baie lief. Dis wonderlik om herinner te word dat God ons elkeen geskape het as Sy uitverkore kinders en dat Hy ons lief het.

ID in Christus 03/04/20

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:20 ‘Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte’ (ANV)

Saam met Christus het ons die sonde van die wêreld afgesterf en saam met Hom opgestaan in die Nuwe Lewe saam met Jesus. Ons het dus geen rede om nog die godsdienstige wette van die ou verbond (testament) na te volg nie. Dankie Jesus, vir die vryheid wat U lyding vir ons wat in U glo en vertrou gebring het.

ID in Christus 27/03/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:13 ‘Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.’ (ANV)

Ons is in Christus lewend gemaak. God het al ons sondes vergewe! Ek is vry van die sondelas. Dankie Jesus ek is vry! Ek is nie meer ‘n slaaf van sonde nie.

ID in Christus 20/03/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:12 ‘Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het. ‘ (ANV)

Met jou waterdoop bevestig jy dat jy saam met Jesus gesterf het vir die sonde en as nuwe mens saam met Hom opstaan in ‘n nuwe lewe vry van sonde met ‘n nuwe sonde vrye natuur in Hom. Dankie Jesus dat my sondige natuur saam met U gesterf het!

ID in Christus 13/03/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:11 ‘Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ‘n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid.’ (NLV)

Jesus het my sondige geaardheid weggeneem, my gees is sondeloos. Dankie Jesus!

ID in Christus 06/03/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:9-10 ‘Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in Sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.’ (NLV)

In Christus is ek volledig gemaak! Dankie Jesus Christus dat ek heel en volledig is, deur U!