Hoe is jou lewe tans? Is jy bedruk en depressief of is jy gelukkig en lewe ‘n vrolike lewe? Leef jy in donkerte met alles wat gebeur in die wêreld om jou of lewe jy in die lig van Jesus? Kyk wat sê die Woord van God
Author: Petrus van der Merwe
(K004) ‘n Gesonde Liggaam Spr 3:7-8
SPREUKE 3:7-8 NLV “Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.”
(A003) Doop met Heilige Gees deur Jesus
Ek gaan nou aan met die Doop met die Heilige Gees soos in die vorige video, ‘Die Verskillende Dope’, belowe.
(A002) Die verskillende dope.
Daar is drie verskillende dope wat ons in die Woord van God sien.
(A001) Redding en weergeboorte
In die kort gedeeltes wat ek op video begin hanteer het, het ek besef dat ek dalk woorde en terme gebruik wat nie almal ken of verstaan nie en gevolglik het ek besluit om by die begin te begin en seker te maak almal is op dieselfde vlak.
(K003) Hantering van Onbillike Behandeling – 1 Pet 2:18-21
Hierdie gedeelte is in opvolg van ‘n vorige gedeelte wat ek behandel het onder die opskrif ‘Beskerm jou inkomste’ en gaan oor hoe om onregverdige optrede teenoor jou te hanteer in jou werksplek.
(K002) Beskerm jou inkomste – Spr 27:18
Spr 27 :18 “Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belange van sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek.”NLV
(K001) Glo alles – Spr 14:15
Spr 14:15 AOV “Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.” Spr 14:15 NLV “’n Dwaas glo alles wat hy hoor. ’n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.”
Eerste deel “’n Dwaas glo alles wat hy hoor.”
Waar staan jy?
COVID en daarna
Net na ons die Dissipel-evangelisasie-kursus in Maart 2020 voltooi het, verskyn COVID en met die beperkings het niks gebeur nie.
Ons het gedurende hierdie tydperk verskeie boodskappe op WhatsApp-groepe en Facebook geplaas met die boodskap, stel jou vertroue in God en nie in die wêreld nie, vanweë al die negatiwiteit wat op alle sosiale media was.
Julie 2021 begin ons help in die kerkkantoor, 2 dae per week. Ons hoof pligte is algemene administrasie, boekhouding en toesig oor die skoonmakers.
Die pligte het mettertyd toegeneem, en ons is baie besig wanneer ons in die kantoor is.
Ons het ook ‘n paar keer gepreek toe die pastoor siek was en ons is nou deel van die groep wat boodskappe oor offergawes doen en bediening van nagmaal Sondae tydens die dienste.
Aan die begin van 2022 het een van die lidmate begin met uitreiking na ‘n plakkerskamp op ‘n plaas hier naby. Die inwoners is meestal Mosambiekers wat in die omgewing los werk doen. Ons het ook betrokke geraak met prediking en Oktober is 33 van hulle gedoop. Dit was ‘n hoogtepunt en die hoofman by hierdie plakkerskamp het ook vertel dat van daar met die uitreiking begin is die verhoudinge tussen die mense en hulle optrede verbeter het. Daar is minder onderlinge struwelinge en die mense ondersteun mekaar. Waar Jesus en Sy liefde aanvaar word, is daar vrede.
Tot nou toe het ons nog nie verdere rigting van God gekry oor ons pad vorentoe nie. Ons glo wat ons nou mee besig is, is wat God van ons verwag in die seisoen.
God loves you as you are
Do you live in fear that you are not good enough for God and that He doesn’t love you?
