Wat is dissipelskap?

Ons opdrag:

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hoe voer ons die opdrag uit?

Gelykenis van die saad wat op  verskillende plekke val

Mat 13:19-23  19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is.

20  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.

22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

  • Hoe het hulle die Woord van Jesus gehoorhoe is dit oorgedra?
  • Was dit swak gedoen deur die persoon wat die saad gesaai het?
  • Was die persoon wat ontvang het se hart te hard?
  • Was daar dissipelskap gedoen, maw het iemand hulle verder geleer uit die woord?

Saai die saad volgens wat die Woord sê, bou ‘n verhouding met die persoon en daar sal vrug wees as die hoorder se hart nie verhard is nie.

Die hoorder sal dan die vryheid ervaar.

Joh 8:31-32  En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Dit is maklik om die opdrag uit te voer en dissipels te maak as jy weet hoe – wees geduldig en jy sal dit hier leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *