Wat is dissipelskap?

Ons
opdrag:

Mat 28:19 
Gaan dan heen, maak dissipels
van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die
Heilige Gees; en leer hulle om alles te
onderhou wat Ek julle beveel het
.



Hoe voer ons die
opdrag uit?

Gelykenis
van die saad wat op  verskillende plekke
val

Mat 13:19-23  19 As iemand die woord van die
koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai
is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is.

20  En by wie op rotsagtige plekke
gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21 
maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar
verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.

22  En by wie in die dorings gesaai
is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die
verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

23  En by wie op die goeie grond
gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en
oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig
.

  • Hoe het hulle
    die Woord van Jesus gehoor
    hoe
    is dit oorgedra?
  • Was
    dit swak gedoen deur die persoon wat
    die saad gesaai het?
  • Was
    die persoon wat ontvang het se hart te hard?
  • Was
    daar dissipelskap gedoen, maw het
    iemand hulle verder geleer uit die woord?

Saai die saad volgens
wat die Woord sê, bou ‘n verhouding met die persoon en daar sal vrug wees as die hoorder se
hart nie verhard is nie.

Die hoorder sal dan die vryheid ervaar.

Joh 8:31-32 
En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly,
is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Dit is maklik om die opdrag uit te voer en dissipels te maak as jy weet
hoe
– wees geduldig en jy sal
dit hier leer.