Wat getuig jou lewe – jou optrede en wat jy sê? Getuig dit dat jy Jesus volg? Kan Jesus in jou optrede gesien word? Of sê jou optrede jy is net soos baie wat sê jy is ‘n Christen, maar jou lewe wys die teenoorgestelde.
Sê jy dat jy weergebore is en Jesus volg?
Wat getuig jou lewe / optrede, kan mense in hoe jy lewe sien dat jy Jesus volg?
1Jo 2:9 ANV As iemand beweer dat hy in die lig is, maar hy haat sy broer, is hy nog steeds in die duisternis.
Wat sien die mense om jou, wanneer hulle na jou kyk en sien hoe jy optree?
- Kom ons kyk eers na geld, ‘n groot invloed op vandag se lewe:
- Alles in jou lewe draai om geld, soek altyd meer, want jy het nooit genoeg nie.
- Jy is afgetree maar is heeltyd bekommerd jou geld gaan dit nie maak tot jy doodgaan nie en jy praat gereeld daaroor.
- Bereid om omkoopgeld te betaal om werk of kontrakte te kry.
- Koop die gereg om, om nie groot boetes te kry nie.
- Dobbel om vinnig geld te probeer maak.
- Probeer belasting ontduik waar jy kan.
- Hoe hanteer jy die mense om jou, mede-gelowiges en ongelowiges, jy haat sekere mense, wat familie insluit, en maak nie ‘n geheim daarvan nie.
- Jy wil altyd polities korrek optree en maak nie saak of dit in God se wil is nie.
- Jy wil gesag oor ander hê sonder dat dit aan jou gegee word en indien jy dit kry dan misbruik jy dit vir jou eie roem of sak.
- Jy wil belangrik en bekend wees.
- Jy gaan Sondag kerk toe, maar die ander 6 dae vloek en lewe jy soos die res van die ongelowiges.
Volgens die Here is dit wêrelds –
1 JOH 2:16 NLV “Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.”
Die duisternis van die duiwel het jou oorval –
Joh 12:35 ANV Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net ‘n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie.
Solank jy in duisternis lewe gaan jy ongelukkig wees en geen vrede ondervind nie. Dieselfde soos die res wat in die wêreld lewe en hulle ontken dat daar geen vrede in hulle is nie.
Hoe kom ‘n mens weg van hierdie duisternis?
Met jou weergeboorte is jou gees nuut gemaak, maar jou siel wat jou gedagtes en optrede beheer moet nog verander word.
Jou hoof doel moet wees om ‘n intieme verhouding met Jesus en God op te bou.
Dit word gedoen om elke dag tyd in God se Woord te spandeer saam die Heilige Gees om te ontdek wat God van jou verlang en hoe jy moet optree in hierdie wêreld solank jy nog hier is.
Wat wil God hê die mense in jou moet sien deur jou optrede en wat jy praat?
Eerste die vrug van die Heilige Gees –
Gal 5:22-23 ANV Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Na jy weergebore is het jy hierdie ontvang, maar daar is baie werk om in dit te groei en jy gaan nooit ophou om daarin te groei tot jou liggaam te sterwe kom hier op aarde nie.
Maar al gaan jy nooit volmaak wees daarin hier op aarde nie, moet jy strewe daarna om daagliks te verbeter.
Dan ontvang jy verder van die Heilige Gees gawes wat jy moet aanwend om mede-gelowiges op te bou en ongelowiges vir Jesus te wen – Lees 1 Kor 12:4-11.
Dit is verder belangrik dat ons lewe Jesus se liefde wys.
Efs 5:2-4 ANV Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.
Lees ook Rom 12:9-21
Ter afsluiting –
- Niemand is volmaak nie, 1 Joh 1:8-9, maar tog moet ons probeer om voluit in die lig te lewe en dit is net moontlik wanneer ons konstant aan ons verhouding met God bou.
- Hoe meer ons in die lig lewe, hoe meer sal daar vrede in ons wees en minder sal gebeure in die wêreld ons pla.
Gebed
- Vader U is groot bo ons verstand.
- U het elkeen van ons gemaak.
- Ons weet dat U vir ons lief is en dat U hand van beskerming en versorging oor ons is soos U in U Woord belowe.
- Dankie Vader vir hierdie liefde en lei ons deur U Gees om hierdie liefde uit te leef soos wat Jesus dit hier op die aarde uitgelewe het as voorbeeld vir ons.
- In Jesus se naam
Amen
