Wat glo, dink en sê ons?
1Jn 1:5-7 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Ons glo God is ons lig in hierdie wêreld en ons wil Sy lig na die wêreld reflekteer, maar hoe suksesvol reflekteer ons Sy lig? Wat ons dink, kom by ons mond uit. Wat hoor die wêreld ons sê?
Leef ons in vrees vir wat om ons aangaan, die duisternes, of leef ons ons vertroue in God uit, dat ons alles sal oorkom, – wat die lig van God is?
Ons kan nie ons geloof in God bevestig en dan in vrees lewe nie, want dan glo ons nie regtig dat in God sal ons alles oorkom nie. Wanneer ons in vrees lewe, loop ons in die duisternis en God se lig skyn nie deur ons nie. Sluit jou gedagtes vir al die doempreke vanaf die duisternis en kyk na God met vertroue dat Hy na jou kyk en jou sal beskerm.
