Het jy ‘n goeie verhouding met jou pa gehad of was hy krities of het hy jou mishandel of is hy vroeg weg uit jou lewe? Jy het steeds ‘n Vader in die hemel wat vir jou lief is en nie die probleme wat jy ondervind het oor jou gebring nie.
In enige persoon se lewe is sy of haar pa ‘n belangrike faktor.
Die vraag is in watter van die volgende kategorieë val jy, wanneer dit by jou pa kom?
- Jy het ‘n goeie pa gehad, of het hom steeds, met sy foute,
- Jou pa was daar maar het altyd gewerk of met iets besig en jy het nooit sy aandag gekry nie,
- Jy is altyd deur jou pa gekritiseer,
- Jou pa is vroeg in jou lewe dood en jy is kwaad vir God want daar is aan jou vertel dat dit God se wil was,
- Jy is deur jou pa mishandel of hy het jou nie teen mishandeling beskerm nie,
- Jou pa het van jou en jou ma af weggeloop en julle moes alleen aansukkel,
- Jy weet nie wie jou pa is nie, moontlik weet hy nie eers jy bestaan nie, ens.
Daar word aanvaar dat jou ma is die belangrikste deel van jou lewe, maar jou pa het net so ‘n belangrike deel in jou lewe en gewoonlik kom dit eers later jou in lewe na vore wanneer daar leemtes was in jou kinderdae.
Het enige van wat hier genoem is ‘n invloed op jou huidige lewe?
Wat staan jou te doen?
Eerste vergewe jou pa onvoorwaardelik vir dit wat jy voel hy aan jou gedoen of nie gedoen het nie.
Deur hom te vergewe maak jy jouself vry van die slaweband wat deur die duiwel op jou geplaas is.
Tweede vergewe God omdat jy geglo het dat wat met jou gebeur het is God se skuld of dat Hy dit toegelaat het. Hierdie is belangrik want die duiwel verdraai die waarheid deur wat mense aan jou oorgedra het.
- Indien jou pa vroeg dood is, is dit nie God se skuld nie, dit is die duiwel wat ‘n vinger ingekry het.
Jesus sê vir ons die volgende in Joh 10:10 NLV “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.” Die dief hier is die duiwel.
Jesus sê ook verder vir ons in Joh 14:9-11 dat wat Hy hier op die aarde gedoen het en gesê het kom van die Vader. Het Jesus enige iemand siek gemaak of dood gemaak nie?
Van na Jesus se kruisiging, lewe ons in ‘n nuwe verbond met God en beskerm God ons van die duiwel solank ons in sy wil optree, maar God het ons ‘n vrye wil gegee en ons aksies wat deur ons vrye wil neem, het nagevolge positief en negatief.
Wanneer iemand vroeg sterf kan ons nie altyd ‘n oorsaak daaraan koppel hoekom hy gesterf het nie, maar dit is nie God se skuld nie.
- Indien jou pa jou verkeerd hanteer het of weggeloop het, kan jy ook nie voor God se deur lê nie.
Soos reeds gesê God gee aan elkeen ‘n vrye wil om self te kies wat hy wil doen en God is nie gelukkig wanneer verkeerde besluite geneem word nie, maar God kan nie inmeng nie want indien Hy wel sou, dan is ons net marionette in Sy hand.
Wanneer jy dus deur jou aardse pa in die steek gelaat is en jy soek na ‘n pa om jou vas te hou en te beskerm, dan weet jy dat die Vader waarvan Jesus gepraat het terwyl Hy op aarde was, is daar vir jou.
Hierdie Vader wat in die hemel is het:
- Ons elkeen gemaak
Ps 139:14-15 NLV “Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.”
- Het ons elkeen volmaak lief
1 Joh 4:10 NLV “Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.”
- Wil ‘n hegte verhouding met ons elkeen hê
1 Joh 3:24 NLV “Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.”
- Wil vir ons elkeen net die beste gee
Joh 1:17 NLV “Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.”
God het Jesus vir ons sonde laat sterf sodat ons deur Sy genade kinders van Hom kan word en ‘n lewe van oorvloed kan hê.
Hoe koppel ons met die Vader in die hemel?
Wat sou jy gedoen het met jou aardse pa wanneer jy ‘n probleem gehad het of net liefde gesoek het?
Sou jy nie op sy skoot geklim het en hom vertel het van jou probleem nie en gevra het dat hy jou moet vashou en raad gegee het nie of beskerm het nie.
Net so klim jy op die jou Vader in die hemel se skoot en gesels met hom oor jou probleme en vra vir leiding en beskerming.
1 Pet 5:7 NLV “Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.”
Die Vader in die hemel is Gees Joh 4:24 en jy kan Hom nie visies sien of deur Hom vasgehou word nie, maar deur jou gees binne jou sal jy ‘n vrede ontvang wat vir jou nie verstaanbaar sal wees nie.
Daar is geen voorbehoud oor wie jy is of wat jy eers moet doen voor jy met die Vader wat in die hemel is mag praat en hulp vra nie.
Dit is egter net belangrik om nie die leiding wat jy van die Vader ontvang teen te staan nie, maar dit te doen sonder enige voorbehoud.
Om mee af te sluit:
- Ek is self ‘n pa wat geseënd is met 3 kinders en 3 skoonkinders, ek het foute gemaak en maak nog steeds, maar my wens is dat hulle my foute sal vergewe en God hulle hemelse Vader sal maak.
- Ongeag wat met jou aardse pa gebeur het of wat hy gedoen of nie gedoen het nie. Vergewe hom en God.
- Gaan klim op jou hemelse Vader se skoot en gesels met Hom – dit is ‘n intieme gebed na die Vader.
- Ontvang Sy vrede en volg Sy leiding
Kom ons bid saam.
- Vader U is groot en magtig
- Dankie vir U groot liefde en geduld met ons.
- Dankie dat U altyd daar is om na ons te luister en ons leiding te gee.
- Dankie vir U vrede wat U vir ons gee.
- Amen
