ID in Christus 23/08/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 1:13 ‘Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.’ (ANV)

My gees is geseël deur die beloofde Heilige Gees met wedergeboorte as eiendom van God. As eiendom van God, het sonde nie meer ‘n invloed op my gees nie, dankie Jesus!