ID in Christus 23/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:13 ‘Deur Christus het ook julle deel geword van die volk
van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die
evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In
Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die
eiendom van God beseël.’ (ANV)

My
gees is geseël deur die beloofde Heilige Gees met wedergeboorte as
eiendom van God. As eiendom van God, het
sonde nie meer ‘n invloed op my gees nie, dankie Jesus!