Hoe om jou vertroue in God te bou

In opvolg van die gedeelte ‟Wandel in God se lig” en om jou vertroue in God te hou, is dit nodig dat ons leer hoe om jou vertroue deurlopend te bou en nie weer terug getrek te word in die vrees gedrewe wêreld nie.

Hoe bou jy jou vertroue in God?

Die belangrikste is om die woord van God deurlopend te lees, deur die woord vernuwe God jou gedagtes soos Hy ons vertel in Rom 12:2.

Memoriseer die volgende beloftes van God:

2Tim 1:7  Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Ef 3:20  En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

1Pet 5:7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Heb 13:6  Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

Elkekeer as jy af voel, desperaat, of begin om angstig te raak, of voel jy verdrink, bevestig hierdie verse vir jouself tot die vrees weg is. Dan loof en prys jy God.

Bykomende skrifgedeeltes wat ook God se beloftes bevestig:

Jes 41:10, Mat 28:20, Rom 8:31, Spr 3:05, Ps 91:2, Joh 14:27, Fil 4:6-7 & Gal 5:1