Spr 14:15 AOV “Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.” Spr 14:15 NLV “’n Dwaas glo alles wat hy hoor. ’n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.”
Eerste deel “’n Dwaas glo alles wat hy hoor.”
Waar staan jy?
Is die nuusmedia, sosiale media of wat mense vir jou sê die alfa en omega, jy glo alles is die waarheid sonder om te onderskei tussen wat is waar of vals of die waarheid word in die oordrewe vlak vertel, wat dit ook dan vals maak?
Tweede deel ”’n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.”
Hoe bepaal jy of dit wat gesê word korrek is en binne konteks?
- Vra die Heilige Gees vir ‘n antwoord en leiding deur dit met die Woord van God te vergelyk – is dit inlyn met die Woord of is dit verdraai om aan te pas by die persoon se agenda?
- Gaan soek meer inligting – internet is ‘n bron van onbeperkte inligting, maak net seker die bronne is betroubaar
- Gebruik jou eie gesonde verstand (commonsense)
Die duiwel is die heerser in hierdie wêreld (2Kor 4:3-4 & Luk 4:6) en wil jou, veral omdat jy in Jesus as jou verlosser glo, aanval en weg van God dryf deur jou negatief en moedeloos te maak, hy wil hê jy moet bedruk voel (depressief).
Joh 10:10 “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes…”
Spr 15:15 sê dit vir ons duidelik
Spr 15:15 AOV “Al die dae van die bedrukte is sleg…”
Spr 15:15 NLV “Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme…”
Maar wat wil God vir ons hê? Jesus het gesê
Joh 10:10 “…. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Wat gebeur wanneer jy lewe en oorvloed het?
Jou hart is gelukkig en vrolik
Spr 15:15 AOV “…, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.”
Spr 15:15 NLV “…. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ’n fees.”
So moet nie alles glo wat jy hoor en lees nie, toets dit eers en so sal jy gelukkig en vrolik lewe hier in hierdie korrupte wêreld.
Gebed
Dankie Vader dat ons U as ons vader het wat ons deur U Heilige Gees lei end at ons vry en sonder vrees kan lewe.
Amen
