Ewige lewe

Wat sê die woorde ‘ewige lewe’ vir jou?
Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Wat is die belangrike deel hier waaroor ons nou gesels? – ‛Die ewige lewe sal hê’.
Almal lewe vir ewig. Hoe gaan ons ewig lewe – fiesies of geestelik?
Die liggaam is die deel van ons gees, siel en liggaam wat agterbly en vergaan hier op aarde. Ons gees en siel gaan na God toe.
Daar is ’n geestelike dimensie wat bestaan.

Baie word gered maar lewe steeds in ’n hel hier op aarde.
In armoede, met siektes van kanker – deppressie – ens, vrees, ongelukkig, ens.

Joh 4 Gebeure by die put en met die Samaritaanse
Joh 4:10  Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
Joh 4:13-14  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
V10gawe van God”geskenkgift in Engels en Grieks.
V14‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe”fontein tot ewige lewe

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
U ken’ Engels ‘know’ – word gebruik as intieme verhouding. (Gen 4:1)

Kyk ook in die volgende verse dat God en Jesus ‘n verhouding met elkeen van ons verlang.
1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
Opn 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

God wil die middelput van ons lewe wees.

Verhouding met God is meer as net 5 sintuie – daar is ‘n geestelike kant waarmee ons met God en Jesus ‘n verhouding het.
Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Elkeen kommunikeer deur sy eie gees met God.
Hierdie kommunikasie vat tyd om te ontwikkel en om dit te onwikkel is kennis nodig en dus moet die Woord bestudeer word en deur gebed (gesels met God soos jy met enige ander persoon waarmee jy ʼn goeie verhouding het gesels)
2Pe 1:3-4  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Wanneer ons met God gekoppel is het ons ‘n beter lewe hier op aarde al.
Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
1Joh 5:11-12  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Joh 6:47-48  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe.
Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Afsluiting – Bou ‘n verhouding met God deur kennis en geloof. Geniet lewe hier op aarde