Koninklike Identiteit in Christus 20 September 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:13 ‘Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe.’ NLV

Terwyl ek dood was in die sonde, is ek lewend gemaak saam met Christus en is al my sondes vergewe. Dankie Vader en Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 13 September 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:12 ‘Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het.’ AFR20

Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood, deur geloof in die krag van God.

Koninklike Identiteit in Christus 6 September 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:11 ‘In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is.’ AFR20

Ek is gered! Jesus het my sondige natuur weggesny! Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 30 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:9-10 ‘Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.’ NLV

Ek glo in Jesus, is een met Hom en ek deel in Sy volheid.

Koninklike Identiteit 23 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:6-7 ‘Aangesien julle dus Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.’ AFR20

Ek is in Christus, ek leef, is gewortel, opgebou en versterk in geloof in Jesus Christus! Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 16 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Opsomming: Kolossense 1

Kol 1:2 – Ek is heilig in Christus en God se genade en vrede is my deel.

Kol 1:13 – Ek is verlos uit die mag van die duisternis en in die Koningryk van Christus, ingebring. Ek het van koninkryk verander.

Kol 1:14Ek is vergewe en vry van sondeskuld deur Jesus se bloed.

Kol 1:20 – Ek het vrede en is versoen met God deur Jesus se bloed.

Kol1:21-22 – Ek was ver van God, maar deur Jesus se offer en bloed is ek nou versoen en staan skoon en foutloos voor God.

Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 9 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol1:21-22 ‘Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. 22 Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos.’ NLV

Ek was ver van God, maar deur Jesus se offer en bloed is ek nou versoen en staan skoon en foutloos voor God.

Koninklike Identiteit in Christus 2 Augustus 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 1:20 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.’ NLV

Ek het vrede en is versoen met God deur Jesus se bloed. Die versoening geld ook vir alles op die aarde en in die hemel.

Koninklike Identiteit in Christus 26 Julie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus soos God dit oor jou sê:

Kol 1:14 ‘in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.’ AOV 53

Ek is vergewe en vry van sondeskuld deur Jesus se bloed. Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 19 Julie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Kol 1:13 ‘Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,’ AOV 53

Ek is verlos uit die mag van die duisternis en in die Koningryk van Christus, ingebring. Ek het van koninkryk verander.