Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Jos1:9 ‘Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.’ AOV
God het ‘n bevel gegee. Ek moet vol moed en sterk wees. Ek moet nie bang of verskrik wees nie. Hy is by my, oral waar ek gaan. Dankie Vader God, U is by my, ek vrees niks nie.
