Koninklike ID 20/08/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Gen 1:28

God het die mens geseën en ‘n opdrag gegee! Dankie Vader God, dat U ons geseën het en met U opdragte vertrou.

Gen1:29

God het van die begin af gesorg dat daar vir ons kos sal wees. Dankie Vader, vir U liefde, perfekte beplanning en omgee. Ek loof U vir U getroue voorsiening aan ons!

Gen1:31

God het alles baie goed gemaak. God het nie gemors gemaak nie! Inteendeel dit was baie goed. Dankie Vader, dat U vir my en alle mense baie goed gemaak het!