ID in Christus 18/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:27, 28 ‘want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.’ (AOV)

Ek het Christus aangeneem, ek is nou verenig (een) met alle gelowiges in Christus. Dankie Vader vir eenheid in geloof en ons wonderlike geloofsfamilie.

ID in Christus 11/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:26 ‘Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;’ (AOV)

God is my Pa, en ek is Sy kind, deur my geloof in Jesus! Dis wonderlik! Dankie, Vader-God!

ID in Christus 4/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:14 ‘Dit wat Christus Jesus gedoen het, het tot gevolg dat ook die nie-Joodse nasies deel kry aan Abraham se seën. Dit beteken dat ons deur die geloof die Gees wat belowe is, ontvang.’ (NLV)

Ek glo in Jesus Christus se voltooide werk op die kruis, daarom is ek geseën met dieselfde seëning as Abraham en ek het ook die Heilige Gees deur geloof ontvang.

ID in Christus 27/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:13 ‘Christus het ons losgekoop van die vloek wat op wetsoortreders rus toe Hy vir ons ’n vervloekte geword het. Daar staan geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal hang.” ‘ NLV

Dankie Jesus, U het die vloek namens ons op die kruis gedra, sodat ons vry is van die sondelas en die vloek!

ID in Christus 20/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:9 ‘Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.’ (ANV ’83)

Ek is geseënd, soos Abraham, omdat ek glo in Jesus! Dankie Vader!

ID in Christus 13/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:8 ‘Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.” ‘NLV

Ek is deur geloof in Jesus, vrygespreek en reg voor God en geseënd! Dankie Vader God!

ID in Christus 6/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:7 ‘Julle moet dus insien: Die ware kinders van Abraham is hulle wat glo.’ (NLV)

Omdat ek in Christus glo, is ek ‘n geloofskind van Abrham, ons vader van geloof in God.

ID in Christus 30/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:5‭-‬6 ‘Vra julle dus af: Het God die Gees vir julle gegee en wonders onder julle bewerk omdat julle die wet onderhou of omdat julle geglo het wat julle gehoor het? 6 So was dit ook met Abraham: “Hy het God geglo en God het hom vrygespreek.” ‘(NLV)

Abraham se geloof in God het hom vrygespreek! Danke Vader dat ons geloof in Jesus ons vrymaak (geregtig) en ons sonder sonde voor U kan staan.

ID in Christus 23/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal2:20 ‘Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat Sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.’ (NLV)

Dankie Jesus, dat U my so lief het, dat U in my plek gesterf het en ek deur geloof en vertroue in U kan lewe, nou hier op aarde en vir altyd by U.

ID in Christus 16/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 2:20 ‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’ (AOV)

Hoe wonderlik om te kan sê, ek is saam met Christus gekruisig en dat Hy nou in my leef! Dankie Jesus, vir U opofferings en liefde.