ID in Christus 18/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:14 ‘Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.’ (ANV)

Dankie Vader, dat U my só wonderlik gemaak het, dit is ‘n raaisel (onbegryplik) vir my verstand!

ID in Christus 11/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:15 ‘My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.’ (NLV)

Dankie Vader, dat U alles van my weet en my reeds geken het, voordat ek ‘n gedagte vir my ouers was!

ID in Christus 4/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Die oomblik wat ons Jesus as ons verlosser aanneem, word ons gees nuut gemaak. 2Kor5:17. Ons siel (denke, emosies en wil) en liggaam, is nog presies dieselfde, daar is geen verandering nie. Dikwels sukkel ons verstand en emosies (siel) om te verstaan waarom ons gees, nou anders is as voorheen. Ons moet nou ons denke aanpas om dit wat in ons gees gebeur het inlyn te bring met mekaar. Rom12:2.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:16 ‘U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.’ (AOV)

God het my beplan nog voordat daar enige iets op die aarde geskep was.

Ek is in God se gedagtes en Hy het ‘n besondere plan vir my.

ID in Christus 28/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

  • Ek is na God se beeld geskep, ek is eerstens gees, dan siel en ek het ‘n liggaam. – Gen1:27
  • U ken my, U lê U hande op my – dis te wonderlik om te begryp! – Ps139:5,6
  • Ek is wonderlik geskep, tot in die fynste detail beplan. Ek is U skeppingswerk! – Ps139:13-16
  • Ek het alles wat ek nodig het deur dit wat Jesus gedoen het op die kruis. – Ps23:1
  • Ek behoort aan God! Hy is my Herder en versorg my baie goed. – Ps100:3
  • U verlaat my nooit nie, U lei my – U Gees is in my!. – Deut31:8
  • God is met my, Hy beskerm my! – Jos1:5
  • God, is my God! Hy sal my nooit verlaat nie! – 1Kronieke28:20
  • Ek is nie alleen nie en ek sukkel nie – God is met my! – Hebr13:5

(Verklarings van die laaste paar weke)

ID in Christus 21/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Hebr 13:5 ‘Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.’ (AOV)

God het gesê Hy sal by ons wees. Daar is geen rede om te sukkel (finansieël) of alleen te voel nie. God het gesê Hy sal ons nie verlaat nie.

Dankie Vader, dat U altyd by my is en vir my sorg!

ID in Christus 14/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kronieke28:20 ‘Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk en volmoed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. …’ (NLV)

Wanneer jy God, jou eie God maak, sal Hy jou nie verlaat of in die steek laat nie. Dankie Vader dat U my God is en altyd by my is!

ID in Christus 7/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Jos 1:5 ‘Niemand sal voor jou bestand wees solank jy leef nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek met jou wees; Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie.’ (NLV)

Dieselfde belofte soos laas week, word hier herhaal aan Joshua. God sal met hom wees. Netso is God met Sy kinders vandag nog.

Dankie Vader, dat U met my is, dat U in my woon en my beskerm!

ID in Christus 31/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Deut31:8 ‘Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.” ‘ (NLV)

Dankie Vader, U gee om! U sal my nooit verlaat nie, U gaan voor my uit en U lei my! Ek het U Gees (Heilige Gees) in my.

ID in Christus 24/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 100:3 Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk, die skape van sy weiveld. (NLV)

Ek behoort aan God! Hy het my wonderlik geskape, ek is deel van Sy kudde.

Dankie, Vader dat U my Herder is, dat U my goed versorg.