ID in Christus 7/05/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 17:15 ‘Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.’ (AOV)

Jesus het tot God gebid, dat ek van die bose bewaar word. Dankie Jesus, vir U gebed van beskerming en Vader God vir die beskerming.

ID in Christus 30/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

JOHANNES 15:16 ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.’ (NLV)

Ek is gekies om vrugte te dra wat sal hou!

Ek kan enige iets in Jesus se Naam vra en dit kry! (Luk11-13; Mrk11:24)

Dis ontsaglik wonderlik! Dankie Here.

ID in Christus 23/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 15:15 ‘Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.'(AOV)

Jesus noem my Sy vriend, want Hy deel wat Sy Vader sê, met my! Dankie, Jesus, ek waardeer die vertroue. Here, maak my getrou om u woord reg met ander te deel.

ID in Christus 16/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 13:34-35 ‘ ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.’ (AOV)

Ek leef God se liefde uit, dus kan almal sien ek is ‘n volgeling (dissipel) van Jesus.

ID in Christus 9/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 13:34 ‘ ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.’ (AOV)

Ek het God se liefde in my! Daarom kan ek Jesus se opdrag uitvoer en ander lief hê. Dankie Jesus, dis wonderlik om mense lief te hê!

ID in Christus 2/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 10:27-30 ‘My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 30 Ek en die Vader is een.” ‘(AOV)

Jesus Christus het vir my die ewige lewe gegee en niemand sal my uit Sy hand ruk nie!

ID in Christus 26/03/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 10:11 ‘Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.’ (AOV)

Jesus is my Herder (Skaapwagter) en ek is een van Sy skape. Hy het Sy lewe vir my afgelê, daarom is ek vry van my sonde-skuld en kan ek vry (regverdig) voor God staan.

ID in Christus 19/03/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 10:10 ‘Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.’ (AOV)

Jesus het gekom, sodat ons, Sy navolgers (dissipels) lewe in oorvloed kan hê.

Dankie Jesus, dat U vir my ‘n lewe van oorvloed beplan het.

ID in Christus 12/03/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

JOHANNES 5:24 “Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe.” (NLV)

Ek het die ewige lewe saam met God en Jesus, want ek glo in Jesus en vertrou op God die Vader.

ID in Christus 5/03/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:17 ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’ (AOV)

God se liefde, het Jesus na die wêreld toe gestuur, sodat ek gered kan word! Dankie, Vader God, vir U liefde!