Identiteit in Christus 21 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

2 Tim 2:10b ‘…., sodat ook hulle die verlossing in Christus Jesus met ewige heerlikheid kan verkry’. AFR20

My Identiteit:

Ek het my verlossing met ewige heerlikheid in Christus Jesus ontvang




Identiteit in Christus 14 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

2Tim 2:1 ‘Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het.’ ANV

My Identiteit:

Ek is sterk deur die genade wat ek in Christus Jesus het.




Identiteit in Christus 7 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

2 Tim 1:9 ‘Hy het ons verlos en geroep met ‘n heilige roeping – nie op grond van ons dade nie, maar op grond van Sy eie besluit en genade. Reeds van ewigheid af is dit in Christus Jesus aan ons geskenk,’ AFR20

My Identiteit:

Ek is gered en geroep met ‘n heilige doel, as ‘n genade-geskenk, in Christus, van die begin af.




Identieit in Christus 28 Februarie 2026

Hoor wat sê God:

Samevatting:

2Tim 2:1; 2Tim 2:10b

My Identiteit:

Ek is sterk deur die genade wat ek in Christus Jesus het.

Ek het my verlossing met ewige heerlikheid in Christus Jesus ontvang.




Identiteit in Christus 31 Januarie 2026

Hoor wat sê God:

1Tim 1:14 ‘Ons Here se genade oor my was oorvloedig, en daarmee saam ook nog die geloof en liefde wat daar in Christus Jesus is.’ AFR20

My Identiteit:

Ek het oorvloedige genade, geloof en liefde in Jesus Christus ontvang!




Identiteit in Christus 24 Januarie 2026

Hoor wat sê God:

Samevatting: 1Thess 5

1Thess 5:5; 1 Thess 5:9-10; 1Thess 5:18

My Identiteit:

Ek het Jesus gekies en is kind van die lig.

Jesus het vir my gesterf, sodat ek saam met Hom kan lewe.

Dankie Jesus Christus.




Identiteit in Christus 17 Januarie 2026

Hoor wat sê God:

1Thess 5:18 ‘Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.’ AOV’53

My Identiteit:

Ek is dankbaar vir alles in Christus, dit is God se wil!




Identiteit in Christus 10 Januarie 2026

Hoor wat sê God:

1 Thessalonisense 5:9-10 ‘Want God het ons nie tot veroordeling bestem nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlossing te verkry, Hy wat ter wille van ons gesterf het, sodat ons, of ons wakker is of slaap, saam met Hom kan leef.’ AFR20

My Identiteit:

Ek is bestem tot verlossing deur Jesus, wat vir my gesterf het, sodat ek saam met Hom kan lewe.




Identiteit in Christus 3 Januarie 2026

Hoor wat sê God:

1Thess 5:5 ‘Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.’ AOV

My Identiteit:

Ek het Jesus gekies en daarom is ek kind van die lig.




ID in Christus 11/06/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Opsomming uit Johannes:

  • Ek is gekies om vrugte te dra wat sal hou! Ek kan enige iets in Jesus se Naam vra en dit kry! (Luk11-13; Mrk11:24) Dis ontsaglik wonderlik! Dankie Here. Joh15:16
  • Jesus het tot God gebid en vra dat ek van die bose bewaar word. Dankie Jesus, vir U gebed van beskerming en Vader God vir die beskerming. Joh17:15
  • Ek het Jesus se heerlikheid (glorie) in my. Jesus is in my en ek is in Hom, ons is een. Wow. (sjoe) Dankie Vader God, U liefde is wonderlike. Joh17:22-23