ID in Christus 13/03/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:11 ‘Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ‘n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid.’ (NLV)

Jesus het my sondige geaardheid weggeneem, my gees is sondeloos. Dankie Jesus!

ID in Christus 06/03/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:9-10 ‘Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in Sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.’ (NLV)

In Christus is ek volledig gemaak! Dankie Jesus Christus dat ek heel en volledig is, deur U!

ID in Christus 28/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol2:3 ‘In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind.’ (NLV)

In Christus het ek het ‘n verhouding met God en het die skatte; wysheid, insig en kennis, in Jesus Christus. Ek is verlos, geregtig en heilig in Christus. Baie dankie, Jesus!

ID in Christus 21/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:27 ‘God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel’. (NLV)(sien ook AOV)

God maak aan gelowiges ‘n geheim bekend, wat vir ongelowiges onverstaanbaar is, naamlik dat Christus se heerlikheid (glorie) in ons is. Jesus woon in ons! Dis wonderlik!

ID in Christus 14/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:22 ‘Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.'(ANV)

Ons is nie net versoen met God nie, ons is ook heilig, sonder blaam of skandvlek, uitstekend en regverdig voor God. Dankie Jesus!

ID in Christus 07/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:21 ‘Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.’ (ANV)

Dankie Jesus, dat daar nie meer verwydering (vyandskap) tussen ons en God is nie. Dankie dat U bloed ons skoon gewas het en ons naby aan God is.

ID in Christus 31/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:20 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.’ (ANV)

Deur Jesus se dood leef ons nou in vrede en is ons nader aan God. Dis so ‘n voorreg om verenig (reconsile) te wees met God! Dankie Jesus!

ID in Christus 24/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:20, 21 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. 21 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.’ (ANV)

Deur Jesus se bloed en dood aan die kruis, het God vrede gemaak met ons. God het ons met Homself verenig. Jesus het ons sondeskuld betaal, ons kan en mag met vrymoedigheid tot God nader. Dankie Jesus!

ID in Christus 17/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:13 ‘Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.’

Kol 1:14 ‘Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.’ (ANV)

Jesus is die rede dat ons van ons sondes verlos is! Ons is vry van ons sondeskuld! Halleluja en Amen. (Laat dit so wees)

ID in Christus 10/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol1:13 ‘Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van Sy geliefde Seun.” (NLV)

Ons is verlos van die duisternis en is nou onder die Koningsheerskappy van Jesus! Ons is verlos en in die lig, wat ‘n vreugde is dit nie?