ID in Christus 11/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:8,9 ‘Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. ‘ (ANV)

Omdat ek in Christus is, skyn Jesus se Lig deur my en is ek ‘n lig in die duisternis. (Jou voorbeeld word gesien.)




ID in Christus 4/10/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:19
‘Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie
bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die
huisgesin van God.’ (ANV)

Ons
is deel van God se huisgesin, ons is Sy kinders!

Ek
het ‘n verhouding met my Pa en dis wonderlik!
Het jy?




ID in Christus 27/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:12
‘In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in
Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.’ (ANV)

Deur
ons geloof in Jesus kan ons in vrymoedigheid en met vertroue tot God
nader. Jesus het vir ons sondes betaal en ons is regverdig voor God.

Gaan
klim op jou hemelse Pa se skoot! Gee Hom ‘n drukkie.




ID in Christus 20/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:6
‘En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van
die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook
mense wat nie Jode is nie, saam met ons’ (Joodse gelowiges) ‘deel van
die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle
ook saam met ons deel aan wat God belowe het.’ (ANV)

Wat
‘n seëning, ons deel in al God se beloftes!

Glo dit, aanvaar dit, en maak dit jou eie, spreek dit oor jou lewe!




Identiteit in Chrustus 13/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:13
‘Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër
ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ (AOV)

Wat
‘n voorreg om nader aan God, ons Vader, (Pa) te wees, deur wat Jesus
alles vir ons op die kruis gedoen het.

Dankie
Jesus, dat U ons sondes betaal het en ons nou geregtig en vry tot
Vader God kan nader!




ID in Christus 06/09/2019

ID
in Jesus Christus Broadcast groep

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet
2:24
‘wat self ons sondes in Sy
liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe
en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.’
(AOV)

Dankie
Jesus, vir U op offering en lyding op die kruis sodat ek nie net
verlos is van die sondelas nie, maar ook in
gesondheid kan loop, want deur U wonde is
ek gesond!

Prys
die Here vir geneesing in jou liggaam.




ID in Jesus Christus 30/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
2:10
‘en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van
alle owerheid en mag;’ (AOV)

Dankie
Vader God, dat U my heelgemaak en herstel het in U volheid en mag.
Dankie dat ek in Christus heel is.




ID in Christus 23/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:13 ‘Deur Christus het ook julle deel geword van die volk
van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die
evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In
Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die
eiendom van God beseël.’ (ANV)

My
gees is geseël deur die beloofde Heilige Gees met wedergeboorte as
eiendom van God. As eiendom van God, het
sonde nie meer ‘n invloed op my gees nie, dankie Jesus!




ID in Christus 16/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:11 ‘ in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat
ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van
Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, ‘ (AOV)

Ek
is ‘n erfgenaam! Ek het ‘n erfdeel ontvang
in Christus, soos ‘n kind ge-erf van God my
Vader. Dankie Vader, ek is so bevoorreg.




ID in Christus 09/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:10
‘om die volheid van die tye te reël, met die doel om
alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een
hoof in Christus te verenig—’ (AOV)

Ek
is verenig onder Christus as my Hoof (outoriteit). Dis ‘n wonderlike
outoriteit om oor ons te hê. Christus se juk (outoriteit) is lig en
liefdevol.