ID in Christus 28/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol2:3 ‘In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind.’ (NLV)

In Christus het ek het ‘n verhouding met God en het die skatte; wysheid, insig en kennis, in Jesus Christus. Ek is verlos, geregtig en heilig in Christus. Baie dankie, Jesus!

ID in Christus 21/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:27 ‘God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel’. (NLV)(sien ook AOV)

God maak aan gelowiges ‘n geheim bekend, wat vir ongelowiges onverstaanbaar is, naamlik dat Christus se heerlikheid (glorie) in ons is. Jesus woon in ons! Dis wonderlik!

ID in Christus 14/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:22 ‘Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.'(ANV)

Ons is nie net versoen met God nie, ons is ook heilig, sonder blaam of skandvlek, uitstekend en regverdig voor God. Dankie Jesus!

ID in Christus 07/02/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:21 ‘Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.’ (ANV)

Dankie Jesus, dat daar nie meer verwydering (vyandskap) tussen ons en God is nie. Dankie dat U bloed ons skoon gewas het en ons naby aan God is.

ID in Christus 31/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:20 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.’ (ANV)

Deur Jesus se dood leef ons nou in vrede en is ons nader aan God. Dis so ‘n voorreg om verenig (reconsile) te wees met God! Dankie Jesus!

ID in Christus 24/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:20, 21 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. 21 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.’ (ANV)

Deur Jesus se bloed en dood aan die kruis, het God vrede gemaak met ons. God het ons met Homself verenig. Jesus het ons sondeskuld betaal, ons kan en mag met vrymoedigheid tot God nader. Dankie Jesus!

ID in Christus 17/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:13 ‘Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.’

Kol 1:14 ‘Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.’ (ANV)

Jesus is die rede dat ons van ons sondes verlos is! Ons is vry van ons sondeskuld! Halleluja en Amen. (Laat dit so wees)

ID in Christus 10/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol1:13 ‘Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van Sy geliefde Seun.” (NLV)

Ons is verlos van die duisternis en is nou onder die Koningsheerskappy van Jesus! Ons is verlos en in die lig, wat ‘n vreugde is dit nie?

ID in Christus 03/01/2020

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol1:13 ‘Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.” (ANV)

Jesus het ons verlos uit die mag van die duiwel! Ons is vry van die misleiding en leuens van die duiwel. Die duiwel het geen mag nie, ons is in die Lig.

ID in Christus 27/12/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:2 ‘aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!’ (AOV)

Paulus sê in sy groet, dat gelowiges in Christus, heilig is. Is dit nie wonderlik nie? Ons is heilig in Christus, want Jesus het ons vry gemaak van die sonde-las.