10 – 16 Junie 2013

Ons het ’n rustige week. Woensdagaand  met Home Group wys Laura vir ons ’n fliek oor vergewing. Dit gaan oor wat gebeur het na die moorde op die Tutsi-stam deur die Hutu-stam in Rwanda. Dit vertel hoe Hutu’s, wat bure was met Tutsi’s en hulle persoonlik geken het, hulle vermoor het en dat oorlewende familie later die moordenaars vergewe het en vrede gevind het daardeur. Dit bly steeds so, dat solank jy nie iemand wat jou te nagekom het, vergewe nie, gaan jy nie vry wees nie en sal jy nie vrede smaak nie.(vergewe ook jouself)
Van die Vrydag voor kinderdag (1 Junie) word die kinders van die sentrum uitgenooi om Vrydagoggende 7 uur na die gebedskamer toe te kom waar die sendelinge dan vir hulle sal bid. ‘n Hele klompie van die kinders neem hierdie uitnodiging met ope arms aan en is elke Vrydagoggend daar.
Hier in Mosambiek is die dokters steeds besig met ’n staking en die effek begin nou deur die gemeenskap gevoel word. Gedurende hierdie week is daar familie van twee van die personeellede dood wat in hospitale was. Hierdie mense is moedeloos oor die diens in hospitale, dokters wat staak en die korrupte regering. Die gewone Mosambiekse burger het ons gebede nodig.
Daar is egter ook ’n anderkant aan hierdie storie, daar is ’n 15 jarige dogter by die sentrum wat ’n diabeet is en aan swaar depressie ly. Dinsdagaand is sy weer in die hospitaal opgeneem na sy vroeer die dag ontslaan was. Sy het enige behandeling teengestaan en geweier om te eet. Woensdag het haar toestand so verswak dat sy na intensief verskuif is en haar hande en voete vasgemaak is om te keer dat sy die buise uittrek. Deur die behandeling van die hospitaal, sonder dokters, het hulle tog dit reggekry om met die Here se hulp deur baie gebede, haar te red, sy is vandag Maandag uit intensief na ’n gewone saal oorgeplaas.
Sondagmiddag gebruik een van die sendelinge ons huis om ’n verrassingspartyjie vir haar Mosambiekse man te hou, nie juis enige werk vir ons nie en Petrus geniet die verjaarsdagkoek.
Ons het die afgelope tyd e-posse van Ockie en Lenie, wat in Zambie is, ontvang wat ons dink julle sal interresant vind (vir die wat dit nie direk ontvang het nie), hieronder is die e-posse en ons plaas dit met hulle toestemming:
Dagsê al die “peoples”.
Alle eer aan God in die Hoogste Hemele….!!!
Dit is met groot vreugde in ons harte dat Lenie en ek hierdie terugvoer gee oor die afgelope naweek se Mediese uitreik na die Tongwa-village.
Ons was vir omtrent ‘n dag-en-‘n-half besig in die village maar verseker sal ons ‘n boek kan skryf oor wat daar gebeur het.
Soos meeste van jul bewus is het ons in die verlede na villages toe gegaan op Mediese uitreike.
Tydens so’n uitreik het ons dan soveel moontlik pasiente probeer sien. En Medikasie uitgedeel. Elkekeer by ‘n village gekom was dieselfde probleme maar weer daar. 70% van pasiente het Malaria, baie met rugprobleme en baie met knieprobleme. As gevolg van die groot menigtes, het ons baie op die uitgee van medikasie gesteun en min op gebed.
Tydens ‘n onlangse opleidingsessie wat Lenie bygewoon het en wat ook deur heelwat verskillende inwoners van verskillende villages bygewoon is, het dit uitgekom dat die villagers se prioriteite totaal verskil van ons Mediese span se prioriteite. Vir ons is “gesondheid” nommer 1. Vir die mense in die village is gesondheid nommer 11 vanuit 12 opsies. Vir die villagers is heksery dié nommer 1 probleem en nommer 2 en 3 wat baie gelyk loop daarmee is alkoholisme en liefde vir geld.
Die liefde vir geld kom daarop neer dat hul eerder in haaglike omstandighede sal leef, hul kinders met fodde om die lyf sal laat loop en honger gaan slaap eerder as om die groot nes-eier, onder die bed aan te raak. Die nes-eier word dan ook aan die gode ge-offer.
Tydens en na die genoemde opleiding het die Here vir Lenie op die hart gedruk dat ons ons benadering sal moet verander.
Saterdag oggend terwyl Ockie en ons leier na die nuwe plot toe stap kyk ek, wat Lenie is, na dvd’s wat al ses maande op my bedkassie stof vergader. Skynbaar was dit nou die regte tyd om dit te kyk. Nodeloos om te sê, die dvd’s is kragtige bevestiging maar BAIE “challenging”! Met Ockie se tuiskoms 5 ure later vertel ek hom dat ek nou weet … Ons benadering moet wees om op God, die Groot Geneesheer te vertrou en die naweek met gebed uit te reik na Tongwa-village. 
Wat ‘n vreeslike klemverskuiwing vir my, Ockie. Ek, Gereformeerd, met min of geen klem op geloofsgenesing nie. Vir die “locals” hier op die Basis is dit weer snaaks dat ek niks van geloofsgenesig weet nie. Vir hul was dit dus nie so’n groot “skok” toe Lenie met die nuus kom dat ons op ‘n Mediese uitreik gaan, sonder medisyne nie. Die leierskap het dit met ope arms aanvaar behalwe vir paar spanlede wat dink dit is malligheid. Die Here is egter getrou en bevestiging kom uit alle oorde.
So, tydens die opbou na die naweek moes ons heelwat huiswerk doen. Huiswerk in die sin dat ons na dvd’s gekyk het waar die “spiritual” beklemtoon word. Ons leer baie, bid baie en lees saam die boek van Lukas as mediese span om ons geloof te versterk.
Die films is kort maar kragtig wat gemaak is waar mense in Indië, Taiwan en Afrika werk om heksery, demone en derglike dinge te bekamp asook hande oplê en bid vir die siekes, dowes, blindes. Ons in die sogenaamde Weste kom gladnie of min-min in aanraking daarmee. Vandaar my skeptiese uitkyk daarop.
Nou vir die naweek se gebeure.
Vrydagoggend so teen 10h00 vertrek ons per boot vanaf basis. Rit was so 1 en half uur lank.
Daar gekom, gou die kerkleiers gegroet wat ons “host” vir naweek. Nie veel gesê dat ons nie medisyne gebring het nie. Daarna het hele span gou vir die “village-chief” gaan groet en sy blessing gekry op ons besoek.
Na die besoek aan die “Chief” is ons terug na ons “host”. Daar het ons gebid, lofliedere gesing en Nagmaal gebruik om so ook God se seën te verkry op die naweek. Hier het ons begin ondervind dat die “bose” ons nie daar wil hê nie. Elkekeer wat ons begin lofliedere sing was daar ‘n span mense agter ons gebou, wat hul dromme met oorverdowende knalle begin speel het. Sodra ons stop met sing het hul ook gestop. Klaarblyklik is dit ‘n manier van rekreasie vir hulle om elke dag dromme te speel. Mense het egter getuig dat hul vir die afgelope week geen dromme gehoor het nie. Later sou ons ook beleef hoe hul met die dromme die klank van die Jesus film probeer uitdoof. Ons beleef hoe die die Here ons gebede beantwoord toe die splinternuwe kragopwekker nie wil werk nie, die klank sisteem nie wil werk nie. Ons vertrou vir ‘n wonderwerk en uiteindelik speel die film en sowat 200 mense sit vasgenael voor die televisie. Hul sit op klippe en in die sand en mens kan amper ‘n speld hoor val (behalwe vir die dromme gedreun). Die trommers het toe maar die aftog geblaas toe hul sien hul strategie werk nie. Prys die Here!
Die kritieke oomblik in die fliek toe Jesus aan die kruis sterf, sny die kragopwekker vir geen rede uit en die skerm is pikswart. Alles pikswart want daar is geen ander ligte in die village nie. Ons snak na ons asems, ons bid, ons sing en stadig kom almal weer tot orde en die film kan aangaan nadat die kragopwekker gou weer gevat het.. Ons kyk na mekaar en weet en beleef Efesiers 6 “our struggle is not against flesh and blood ….”
Ons kondig af dat om 09h30 Saterdag oggend mense na die “prayer clinic” kan kom vir gebed.
Saterdagoggend het gekom en het ons vooraf gesing, saam gebid en toe Bybelverse die verskillende Name van die Here oral op die muur vasgeplak. Dit het ons bemoedig en ons herhinner waaroor dit gaan die dag. Ons word ook gemaan om nie die mense te salf soos die Bybel voorskryf nie, want hul kan dink dit is toordery!
Mense wag reeds en ons begin bid. ‘n Jong seun, so 10 jaar oud, kom vra gebed vir bisarre nagmerries elke nag. Ons vertaler sê dié een is spiritueel. Ons bid en die kind staan kop onderstebo en oë baie-baie ontwykend. Hy kan glad nie opkyk of met ons oogkontak maak nie. Ons leer dis hoe dit is met die “demons”. Na gebed sê hy dat hy voel baie beter en glimlag skeef-skeef. Paar uur later kom die seun met drie maats en wys na my en Ockie en vat aan sy lyf, baie opgewonde. Ons weet nie mooi wat aangaan tot ek hoor “pepe” wat beteken om te bid. Toe sien ons, kan dit wees? Dit is die seun, hy lag van oor tot oor en getuig aan sy vriende dat ons vir hom gebid het en dat hy soveel beter voel. Die verskil in sy voorkoms is soos dag en nag. Dankie Here!
Joyce kom en vra dat ons vir haar linkervoet moet bid wat so erg pyn dat sy soms nie kan loop nie. Joyce is ‘n gelowige en ek, Lenie vra of ek haar voet kan salf. Sy sit en ek staan teen die muur en vat haar voet in my hande en saam bid ons. Tot my verstomming voel ek hoe kraak die bene in haar voet! Sy spring op en af op die voet en prys die Here. Sondag oggend in die erediens getuig Joyce hoe die Here self die betrokke oggend aan haar voet gewerk het en die maandelange pyn weg is. Ons geloof styg en styg en ons “awe” oor die grootheid van onse God.
So kom daar ‘n man wat huweliksprobleme het agv sy rugpyn. Ons span bid en Ockie sit sy hand op die man se rug. Ockie en die man is verwonderd oor wat hul beleef. Hul albei het baie duidelik die Here voel werk. Ockie in sy hand en die man op sy rug. Dit het vir my gevoel asof iemand met sy vinger in die palm van my hand skryf; sê Ockie. Die man het dieselfde gevoel van vinger wat skryf op sy rug beleef waar Ockie se hand was. Weg is sy pyn!
Later kom ‘n vrou en kla oor huweliksprobleme. Min weet ons dit die man met seerrug se vrou. Ons bid en praat uit spreuke oor vrouwees, oor jou man respekteer en eer. Sondag by die kerk kan die vrou nie ophou lag en dankbaar wees nie. Ons Here genees seer rue en seer huwelike.
So kom hulle en ons bid.
Nooit geweet bid is sulke harde werk nie…en toe kom Emmanuel. Gou sien ons hier kom ‘n ding “demons” sê die locals in ons span. Na so 5 ure se stoei en kragtig bid raak dit rustig maar gou begin die “demon” weer die jong man treiter. Dit vat 4 sterk manne om hom in toom te hou. Die sweet tap hul af. Daar word gebid, gesing, Woord gebid, maar die “ding” lag en sê hy kom nie uit nie. (Ons het al hiervan gehoor en gelees maar nooit ondervind nie.) Later belei Emmanuel dat hy diep in satanisme vasgevang is en wil vry kom. Die kerk vat oor en sover ons weet gaan dit ‘n lang pad wees. Hy kom kyk die Jesus film Saterdagaand en is in die kerk Sondagoggend en spring op toe mense vir gebed genooi word! ‘n “Captive” vrygemaak deur die bloed van Jesus!
Janet, so’n 12 jaar oue dametjie kom en wil die Here aanneem as haar Verlosser. Ons bid saam met haar en haar ma. Verwys haar na ‘n plaaslike gemeente.
Die 2de Jesus film vertoning, Saterdagaand verloop glad en geen tromme gedreun nie.
Seën vir julle.
Lenie en Ockie.
En

Hi,

Dit is Vrydagoggend en ons span van 14 mense is oppad na die Chipwa village vir ons tweede “Faith trip”.
Die span bestaan uit tien van ons eie span en 4 Amerikaanse studente dames wat vir hul somer vakansie hier op uitreik is.
Ons moet in twee groepe vaar want die boot is nie groot genoeg vir die 14 mense plus die bagasie nie. Die bagasie bestaan o.a. uit ‘n kragopwekker, TV, luidsprekers, tente, eetgerei en slaap- en rugsakke. Ek, Ockie en twee ander mense en die bagasie gaan met die eerste rit.
Hoe verder ons vaar hoe groter word die golwe as gevolg van die wind van voor af wat al sterker word. Ek en Ockie bid teen die storm, maar die skipper besluit ons moet aan wal gaan by ‘n klein village om te wag tot die storm bedaar.
By die village sien ons hul is besig om ‘n kis te maak vir iemand wat afgesterf het. Soos gebruiklik gaan sit ons onder ‘n boom saam met die treurendes om simpatie te betoon. Na sowat ‘n uur se wag klim ons weer in die boot en vertrek. Ons is nog nie eers by ons bestemming en reeds is my wat Lenie se goed beplande program van koers af. Ons leer stadig, maar ons leer wel wat dit waarlik beteken om “flexible” te wees, nie dat ons altyd daarvan hou nie!
In Chipwa aangekom en na die gebruiklike groet van ons eie sendeling daar  en die hoofman slaan ons as voorlopers die tentkamp op sodat ons kan begin met die program sodra die tweede groep arriveer. Die VSA studente is vol afwagting oor alles wat voorlê…
Ons as span het weereens as deel van ons voorbereiding vir die naweek na dvd’s gekyk oor “Divine healing”, die Woord bestudeer en gebid vir die Here se leiding vir die naweek. Min het ons geweet wat wag.
‘n “Prayer walk” is eerste op die program vir Vrydag-agtermiddag en die span verdeel weer in twee. Die jonges en fikses takel die roete berg op en bid en sing lofliedere van bo die koppie wat oor Chipwa uitkyk. Sowat 20 vroue van ons sendeling se vrou se damesgroep sluit aan by die deel van die span. Ons vra hul waarvoor moet ons bid en weereens kom dieselfde dinge uit: heksery, alkoholisme, liefde vir geld, ontrouheid in die huwelik, leuens en malaria.
Vir die wat deel was van die “prayer walk” was dit ‘n wonderlike ervaring. Ons wat agter bly het ook gou ‘n gehoor en ons leier se vrou gee ‘n lessie in wiskunde “tafels” en gou loop dit uit op “worship”! Dit blyk die Here se program verskil van myne, en dit werk!
Die “prayer walk” duur amper twee ure ipv ‘n uur soos beplan. Na aandete vertel David vir die sowat 30 mense die Bybel verhaal van Genesis tot Jesus, spesifiek met die doel om hul voor te berei vir die Jesus film Saterdagaand.
Vier mense neem ‘n besluit vir Jesus as hul verlosser. Ons weet die engele juig en ons is dankbaar.
Tydens ons voorbereiding voel ‘n spanlid dat ons as span sewe keer om die gebou moet loop waar ons die “bid kliniek” gaan hou. Soos die Isrealiete van ouds. Ons loop en sing psalms, lofliedere en bid . Ons bid oor enige versteekte “charms” in die gebou, verbreek deur gebed die krag van enige rituele wat in of oor die gebou gedoen is. Die skoolgebou waar ons die “kliniek” hou is ver uit die woongebied en ons wonder of die mense so ver sal kom omdat ons nie  medisyne het nie.
Alreeds het die, wat ons as  verpleegsters herken het begin vra oor die kliniek. Ons bid dat die Here dié sal stuur wat Hom nodig het as die Groot Geneesheer. En jou waarlik hulle kom! Alle eer aan God!
Gou raak dit ‘n. demone-slagveld en ons moet verskuif na ‘n klaskamer langsaan. Ons sien en beleef die kragtige werking van die Heilige Gees en die uitwerking van die net die “Naam van Jesus” op die demone. Een na die ander bevry die Here die mense van demone. Ons bid, huil van aandoening, bid, prys en lê hande op. Ons beleef die outoriteit wat ons het in Jesus. Die Heilige Gees maak ons oë oop en lei ons waarvoor om te bid. Ons sien die versteekte “charms” die toordokter se “tatoos” op die arms, bene en lywe.
Ons bid vir ‘n pragtige jong meisie met erge misvorming van haar rug. Sy droom gereeld van baie slange wat sy probeer doodtrap in die drome maar kry dit nie reg nie. Ons sien hoe sy wriemel soos ‘n slang met ongelooflike krag. Na so 6 minute raak sy doodkalm. Sy staan op van die vloer af en haar rug is so reguit soos kan kom en skouers perfek. Prys die Here! Iemand wag soos hul uitkom om die evangelie aan hul te gee en word ook na die kerk verwys vir dissipelskap. In Lukas 11:24 tot 26 leer onse Here Jesus ons dat: “Wanneer ‘n onrein gees uit ‘n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n man slegter daaraan toe as aan die begin.” Dit hoekom ons dadelik begin met dissipelskap!
Ons sien die ou oompie uitstap sonder sy kiere en sy kreupel-waggel van 1 uur te vore. Ons is oorstelp en ons geloof groei, groei, groei en groei.
Later die aand daag sowat 350 mense op vir die Jesus film.
Voordat ons die Jesus film wys doen ons ‘n kort drama genaamd: “The Burden”. Dit tref in die kol want dit gaan oor die laste soos die geld-god, drankmisbruik en toordery.
Hul bibber van die koue wind wat waai maar hul sit en kyk. Hulle hoor van Ringwell ‘n spanlid, hoekom ons almal Jesus nodig het as ons Koning. Sowat 35 mense neem Jesus aan as verlosser en ons is dankbaar en in verwondering. Dankie Here!
Sondag oggend gaan ‘n deel van die span oor na die deel Chipwa village wat in Tanzanië geleë is. Net die Colomborivier skei die twee villages. Ons doen weer die “burden” drama soos Saterdagaand en ons bid vir verskeie siekes.
Jul vra dalk hoe weet ons ‘n persoon is duiwelbesete? Ons leiers het soveel ervaring op die gebied en ons leer van hulle.
Ek, Lenie verstaan ook nou hoekom so baie mense met dieselfde simptome na die vorige “mediese” klinieke gekom het wat ons in die verlede gehou het.
Die volgende dinge is ‘n goeie aanduiding van die teenwoordigheid van demone in ‘n mens: algemene liggaamspyne, angs, hoofpyne, baie vinnige hartklop, maagpyne, drome van dood, drome van slange, drome van leeus, drome van beeste of enige diere wat hul jaag, drome van mense wat hul vreemde goed wil laat eet. Ons leer baie en later kan ons al beter sien hoe so ‘n persoon se gesigsuitdrukking en oë lyk.
Sjoe! Ons beleef dinge wat ons nooit self sou geglo het nie.

Baie moeg kom ons Sondagmiddag by die basis aan en bly steeds dankbaar en vol verwondering.

In die Naam van Jesus van Nasaret bid ons julle Sy liefde en seën toe!

Lenie en Ockie.

3 – 9 Junie 2013

Maandag en Dinsdag gebeur daar niks interresant nie.
Woensdag moet Petrus help om ‘n voertuig wat die vorige aand in Matola gebreek het reg en terug te kry by Zimpeto. Die eerste inligting is dat die automatiese ratkas opgepak het, maar na ondersoek word gevind dat die linkervoor-remskoene (3 maande oud) se ‘pads’ van die ysters losgekom het met die gevolg dat dit yster op yster was en die skyf is beskadig. Die skyf moet eers laat sny word en nuwe remskoene gesoek word, Petrus was later nie baie gewild omdat hy Ferodo remme gekoop het teen 3 keer die prys van die ander wat beskikbaar is in Mosambiek nie(en nie hou nie). Dit hele proses vat die hele dag en teen 4 uur die middag moes Petrus die voertuig terugbestuur sonder die voertuig se dokumente en al die goed wat wettiglik in die voertuig moet wees, dit was gelukkig spitsverkeer en hy is nie voorgekeur nie. Woensdagaand vertel Celia ons van haar uitreik saam met van ander pastore in haar kerk na ’n baie afgeleë plekke in sentraal Mosambiek waar hulle die vorige week was.
Donderdagaande gedurende die kerkdiens word die kleiner kinders na lofprysing (’n uur of so) toegelaat om te gaan slaap, dit sluit ook ons spannetjie in (hulle raak al aan die slaap voor lofprysing klaar is). Na die kinders ’n rukkie uit is kom die ‘educator’ (toesighouer) terug wat nie mag gebeur nie, hy is veronderstel om heeltyd in die camerada te wees wanneer die kinders moet slaap. Petrus loop kyk toe wat aangaan in die camerada en daar was chaos, die arme chefe (’n ouer kind wat as prefek moet optree) kan hulle nie beheer nie, maar na ’n uur het die kinders geslaap. In die tydperk stap Petrus vir die eerstekeer in die badkamer in om te vind dat geen toilet meer werk nie en dat die res in net so ’n swak toestand is. In opvolg die volgende more vind hy uit dat daar nie onderhoud gedoen word nie, omdat die kinders enigiets wat herstel word net weer breek, maar niemand kon antwoord hoekom die educators nie verantwoordelik gehou word vir enige vandalisme nie, hulle is veronderstel om toesig te hou. So daar is ’n nuwe probleem wat aandag nodig het.
Vrydagmiddag gee die bestuurder van die sentrum vir Petrus ’n nuwe TV vir die camerada na die vorige een opgepak het, Petrus kry die dankie en waardering van al die kinders ipv die bestuurder.
Saterdagoggend maak ons tuin, huis en Kia skoon (dit sluit ’n polish in) met die gevolg dat ons van Sondagaand af koud kry. Saterdagaand vertrek ons weer op die bus stad toe om pizza te gaan eet om afskeid te neem van die 2 Engelsmannetjies wat na ’n jaar terug huis toe gaan. Alles het rustig en normaal begin, self parkeerplek voor die restaurant vir die bus gekry en die kos wat vooraf bestel was, was gereed. Die avontuur begin toe een paartjie wat met ’n ander voertuig daar was, terugry op ’n ander roete en voorgekeer word deur polisie en die vrou het nie haar paspoort by haar nie. Hulle word toe poliestasie toegeneem met dreigemente dat die voertuig, wat die sentrumbestuurder s’n is, ook gevat gaan word. Hierdie is die metode wat hulle gebruik om ’n persoon bang te maak en dan omkoopgeld eis. Gedurende die storie bel die twee toe die sentrumbestuurder wat besig is om ons bus te bestuur. Op daardie stadium staan ons in ’n verkeersknoop stil en terwyl hy nog oor sy iPOD4 met hulle praat, gryp iemand die selfoon uit sy hand deur die oop venster en laat spander . Teen die tyd dat ons ander besef wat aangaan, is die dief buite sig en agterna sit nodeloos. Terug by sentrum kon ons gelukkig toegang kry na die paartjie se woonstel om die paspoort te kry, waarna die sentrumbestuuder en Petrus terug is na die polisiestasie in die stad om die twee uit te kry. Alles het toe goed verder afgeloop, met die paspoort afgelewer, is hulle laat gaan en al is hulle by 3 ongeluktonele verby, het almal veilig by die huis gekom.

Sondagoggend is ons en Cathrine Matola toe om die Afrikaanse kerk (Die Lewende Gemeente Maputo,’n interkerklike gemeente wat deur die NGK ondersteun word) te gaan soek. Ons vind dit waar die straat geblokkeer is, met voertuie by ’n huis en waar daar ook baie SA voertuie staan. Daar is so 40 mense teenwoordig en die diens is baie soos MBGnoord behalwe vir die sang wat stadig was. Die boodskap was nogal heel interresant, dit was die afsluiting van ’n reeks wat hulle gedoen het met preke en ook in selgroepe hanteer het. Dit handel oor die hanteering en verantwoordelikheid wat ons het wat God aan ons toevertrou het en dat ons net tydelik hier op aarde is. Die slagspreuk “Die hemel is my woning en die aarde net ’n hotelkamer” Een van die punte wat gevra is, is as jy in ’n hotelkamer bly vir ‘n tydjie, gaan jy nie vir jou ’n beter matras en yskas koop nie, want jy kan dit nie weer saam vat nie. So is daar baie dinge wat ons baie goed sonder kan klaar kom en die geld en tyd wat ons daaraan sou spandeer op beter en belangriker dinge kan spandeer, wat vir God van groter belang is. Na die diens is ons terug, want ons is gevra om regtestaan vir ’n groep van 24-28 mense met ’n braai vanaf 4 uur die middag. Dit was ’n groep Amerikaners van ’n kerk wat die naskoolse studiegelde van kinders wat hier groot geword het, betaal en ook hierdie studente. Alles het goed verloop en ons was ’n bietjie moeg Sondagaand. 

27 Mei – 2 Junie 2013

Hier het nogal heelwat gebeur by die sentrum in die tyd wat ons weg was. Daar was nog ’n huweliks-seremonie vir Fiona en Vovoti. Hoe dit gewerk het, is dat die eerste was die proses by die Registrateur in Engeland, daarna ’n Christelike seremonie in ’n kerk die volgende dag en laaste ’n seremonie hier in Mosambiek vir familie en vriende in ’n Mosambiekse / Christelike styl. Die aand terwyl hul besig was om die kerk te versier vir die troue  het iemand kom sê dat die skool brand, dit was toe die personeelkamer. Dit was chaos almal het deur die vensters geloer om die vlamme te sien en na die slot oopgebreek is het almal ingestroom en probeer die vlamme blus, geen waarskuwings om terug te staan of dat dit gevaarlik is, het gehelp nie. Die vlamme is geblus en die skade is tot die een kamer beperk. Twee besoekers het besluit om die skade te herstel en het ’n hoëdrukspuit en kompressor met spuitverf-toerusting gekoop om die werk te doen (dis nou vir die sentrum gegee), hulle het alles skoongemaak en geverf en al wat oorbly is om die gebrande dakbalke te versterk.
Die hele week was almal besig met voorbereidings vir kinderdag wat op 1 Junie is.
Op Maandagaand se sendelingvergadering praat ons vroulike leier belas met kindersake oor die stand van en tipe kinders waarmee ons werk. Sy stuur vir ons ’n aantal se geskiedenisse wat kort tevore ingeneem is. (sien onder). Dit haal ons weer uit die groef / veilige area waarin ons mettertyd beland en laat ons duidelik besef hoekom ons hierheen gestuur is.
Woensdagaand sê ons totsiens vir drie van die sendelingkollegas, 2 verskuif na ’n ander sentrum en een gaan terug huis toe. Ons hou hul afskeid by ’n Indiese restaurant in die stad. Ons het almal met die bus (of Chapa beter bekend in MZ) gery en natuurlik soos gewoonlik raserig. By die restaurant, erg Moslem, het ons gekuier, sonder alkohol, gebid en dit was baie duidelik dat ons Christene is. Die eienaars het ons ooglopend ongelukig/ontevrede dopgehou maar kon niks doen aan die saak nie.
Donderdagaand is dit weer kerk vir die kinders en Pastoor Nico vertel ons van ’n dogter ±12 jaar oud wat met hom kom praat het oor drome wat sy kry. Hy laat haar die diens lei wat sy toe ook baie goed doen, met haar teksgedeelte, die verlore seun. Sy weef haar eie lewe en wedervaringe in die boodskap in. Haar pa het weggeloop en haar ma is dood, haar tannie wat na haar sou kyk, het haar as baba hier by Iris kom aflaai. Haar familie het haar vergeet maar God het nie en al spot die klasmaats met haar hou sy vas daaraan dat sy Sy prinses is. Sy sluit af dat sy uitsien dat haar pa na haar toe gaan terugkom en dit alles sit almal aan die huil. Die Vrydagoggend is daar ’n gebedsessie in die bidkamer en daar is ook Donderdagaand tydens die diens gesê dat sendeling, besoekers en kinders almal welkom is. Almal was verbaas oor die hoeveelheid kinders wat opgedaag het. Dit lyk of dit nou ’n gereelde instelling sal word dat die kinders ook saam sal bid Vrydagoggende.
Vrydag is dit die maandelikse aankope vir die baba’s wat die hele dag inbeslag neem.
Saterdag is dit kinderdag, hierdie dag word elke 1 Junie gehou en ontvang elke kind nuwe klere, ‘n speelding of 2, lekkergoed en ’n middagete met hoender (gewoonlik is die enigste vleis wat hulle kry net vis). Daar word baie moeite gedoen om dit vir die kinders ’n spesiale dag te maak. Daar is foto’s hieronder.
Dit was ook Petrus se verjaarsdag, ons spannetjie kom vir hom sing vroegoggend  en later word hy saam met die drie kinders wat verjaar voorentoe geroep in die eetsaal waar daar vir hulle gesing word. Na alles Saterdag afgehandel is het hy darem verder ’n rustige dag gehad.
Sondag het ons soos gewoonlik kerk en nagmaal (dit is die 1ste Sondag van die maand). Hier kan die kinders ook nagmaal gebruik en dit is opmerklik hoeveel kinders weier nagmaal wat beteken hulle neem dit ernstig op. Die metode is om die brood, wat klaar gebreek is, in die druiwesap druk en dan dit eet. Dit word alles na jou toe gebring en party maal het daar stukkies brood in die druiwesap geval.
Weer is daar gelukwense vir verjaarsdae en word Petrus en die drie kinders weer geluk gewens en ook die wat die Sondag en Maandag verjaar. Jy moet op ’n stoel of bankie gaan sit waar daar vir jou gebid word en daarna word jy met stoel of bankie skouerhoog opgetel en die res sing vir jou terwyl jy op en af gewieg word, redelik skrikwekkend.
Sondagaand hou ons braaivleis en vier Petrus en Vella (’n mede sendeling vanaf Engeland) se verjaarsdae, Petrus 1 Junie en Vella 3 Junie.
Die verhale hierbo genoem:
Case 1
The father of these two children abandoned them for another woman. The mother doesn’t have a job, and the house she now lives in was lent to her by the owner of the house. The owners now need the house. The mother has a brother who lives in Khongolotti who accepts for her to come and live in his house, however he does not accept the two children. The team registered the children with the mother present (110mts).
Case 2
This 6 year old girl is seropositive, lives in Guava with her mother in a borrowed house.
The father rejects both the mother and the child as they are both sick (?HIV+). Although he has a job he gives the money to another woman and does not support his first wife or his daughter. The visit was made to the house of the tia in Maxaquene as the mother does not have a fixed address. On admission the girl was severely malnourished her weight less than -3 z score. She was commenced on a dietary regime and has had numerous investigations for other illnesses.
Case 3
The father came to ask for help because he has no job and his wife (28years) is very sick. (HIV+, TB and a known heart condition), this mum has only just started on ARVs. She is in and out for hospital. The grandmother has been looking after the boys but she doesn’t have time to help. She lives in Sao de Marceo. The boys are 2 1/2 years and 5 years old.
Case 4
The father’s story:
The father came and asked for help to take these children into the centre. The mother died about 1 year ago and he finds the children difficult to deal with. They do not go to school and the older brother encourages the younger ones to run away. The younger boy is HIV +.
The story as told by the neighbours and confirmed by the chefe of the quaterao:
The reason they run away is because the madrasta mal treats them the oldest boy won’t leave the little ones so he runs away together with them to protect them.
The father lives with another woman (madrasta) however she doesn’t care for these children. They live in a different small room with nothing in it, they don’t eat with the family and they are given food that is different to the other family members. Sometimes they are given chicken food to eat.

The madrasta is known by both the police and social welfare because of her poor treatment of the boys. She was on TV because she had burnt the oldest boy with a hot piece of metal, the neighbours took her to the police and reported it to the TV. The madrasta was sent to the esquadra (lock up cell) for 3 days for the mal treatment of the children however the father offered to do the 3 days for her so he went to jail for her.

Foto’s
Alta se baba-spannetjie
Ons spannetjie het dieselfde kleur hemde aan en staan

Gedekte taffels
Verjaarsdagmaatjies

6 – 12 Mei 2013

Maandagoggend is ons Nelspruit toe om eers vir Catherine af te laai en ’n luidspreker wat herstel moet word en daarna is ons na Kruger International Airport om Bekki en haar ma op te laai wat van Duisland af  by haar in Maputo kom kuier.  Ons het nog altyd gewonder hoe hulle ’n lughawe in die klipkoppie-wêreld gebou het. Ons kan jul verseker, daar is baie grond ingery vir die een. Daarna is daar nog ’n paar dinge wat vir ‘missionaries’ en Iris gedoen moet word, voor ons terug ry Marloth toe. Daar aangekom is dit afpak en toe neem ons die besoekers op ’n wildrit agter op die bakkie. Ons is bevoorreg en sien ’n klompie olifante in die rivier asook ’n buffel. Ons het ook zebras, rooibokke, vlakvarke en kameelperde van nader by gesien. Dit is vir hulle ’n belewenis en hulle dink dis te wonderlik met baie foto’s wat van al die diere en sonsondergang geneem word. Ons besef weer dat ons baie bevoorreg is en dat ons al hierdie dinge as vanselfsprekend aanvaar. Terug by die huis braai ons vleis, ook dit is vir die Duitsers ’n unike ondervindig. Ons kry ook besoek van die nagapie en die leeu het ook van hom laat hoor. Die baie sterre laat hul kort-kort op kyk boontoe.
Dinsdagoggend ry ons terug Maputo toe en die seuns is gou-gou daar en kom soek drukkies.
Woensdagoggend kry Catherine ‘n nuwe kind, ’n dogterjie, sy is ses en erg verwaarloos, maer en ondervoed. Sy is HIV positief, haar pa het haar verwerp en sy het maar so tussen die bure rond geswerf. Haar ma is afhanklik van die pa en gee maar net wat sy sonder sy medewete kan vir haar, die ma is by die sentrum met die opname. Sy word ondersoek, gewas en klere gegee en haar plekkie gewys waar sy kan slaap. Hulle moet nog toetse doen, maar daar word vermoed dat sy TB het en die nodige voorsorgmaatreëls word getref. Woensdag het Alta ook begin verf aan die pasgetroudes se blyplek en Vella het gehelp skoonmaak. Woensdagaand word die nuwe ‘Prayer room’ ingewy deur ‘Home group’ daar te hou en die Brasiliaanse pastoortjie, Celia, se 10 jaar diens by Zimpeto word ook terselfdetyd gevier. Die ‘Prayer room’ was ook Celia se projek en droom.
Donderdag is dit nog verf en werk aan die blyplek langsaan en rekenaar virusseprogramme wat gelaai word. Tussen al die dinge is daar ook nog die seuns en ons daaglikse take wat aandag moet kry.
Daar is 2 jongmanne onder die sendelinge wat ’n diensjaar doen op hulle terme, om meer te sê, sal nie verstandig wees nie, maar soos meeste jong manne is hul mae baie belangrik. Dinsdagooggend en Vrydagmiddag as die bus Shoprite toe gaan is die twee daar. Vrydag ry ons so 12uur om aankope vir die babas te gaan doen en Cathrine ry saam om goed vir haar kinders en die nuwe dogterjie te kry.  Ons is so halfpad oppad terug, toe een van die jongmanne vir Cathrine skakel om te hoor of sy op die Shoprite bus is en of sy vir hulle goed kan koop, want hulle het verslaap en die bus verpas. So hulle moes vir 3 dae sonder kos en lekkernye klaar kom.
Saterdag so 12 uur het ons die pad gevat Marloth toe, ons neem vakansie. Dus vir die volgende 2 weke 12 -26 Mei sal daar nie nuus wees nie, want ons hou vakansie.

29 April – 5 Mei 2013

Maandagoggend probeer ons vroeg wegkom om die aankope vir die babas te gaan doen en kom so eenuur terug, net betyds om iets te eet voor die kinders kom.
Dinsdag is daar konsternasie in die besoekersarea. Hier is so 5 Noorweegse jonges van so 18/19 jaar wat blykbaar ’n paar Afrika dinge wil doen en een daarvan is om ’n hoender te slag en gaar te maak waarvan hulle geen benul het hoe om dit te doen nie. Eers is hulle na een van ons jongmans toe om ’n byl te kry om die hoender se kop af te kap, hy antwoord nee hy het nie ’n byl vanaf sy huis in Engeland saamgebring nie. Daarna is hulle na John wat verantwoordelik is vir onderhoud, maar hy kon hulle ook nie help nie. Gedurende middagete vertel John sy vrou Clair, wat die dag aandiens is om na die besoekers om te sien, so terloops wat hulle plan is. Sy freak uit en storm hulle om mooi aan hulle te verduidelik wat gebeur as jy ’n hoender se kop afkap en nie behoorlik vashou nie, dat die hoender sonder kop rondhardloop, die skoonmaak van ’n hoender, ens. Sy verbied hulle om so iets hier te doen want dit is ’n kindersentrum. Ons ander wonder net hoe dit sal lyk wanneer die afkop hoender die wêreld volhardloop en in wie se kamer dit dalk kan eindig, miskien die sendeling se kamer met die baie geite.
Woensdagoggend gaan hang ons die laaste gordyne van die gebedskamer op, en Alta begin direk daarna met die gordyne vir die pas getroudes se huis wat ons aangesê is om klaar te kry vir hulle.
Saterdag hou ons partyjie vir Paulo Luis. Hy is die kleinste van die groepie, maar hy het ’n kroniese loop neus en moet gedurig herinner word om sy gesig skoon te maak. Alta het al ‘n tyd gelede vir hom gesê dat as hy sy neus skoon hou, hy vir sy verjaarsdag versiersuiker op sy koek kan kry, maar as sy neus nie skoon is nie, is daar geen versiersuiker nie. Dit het heel goed gegaan, die neusie bly redelik skoon, met so hier en daar ’n waarskuwing en ons hoop dat dit ’n blywende gewoonte sal word. Hy kom help met die koekbakkery en daarna gaan ons vir hom skoene koop, maar as jy nou al ’n steeks donkie gesien het, dis nou hy toe dit by die keuse kom. Ons pak ’n ry tekkies uit wat binne ons begroting pas, maar ons kry sowaar nie sy voet opgelig om te sien of ons die regte grootte het nie. Ons het naderhand ’n klomp mense wat help om aan hom te verduidelik dat hy nou moet aanpas, maar daai voet is geanker op die vloer. Hy skud net sy kop. Naderhand lei  ons af hy wil nie dié hê wat ons gekies het nie, hy wil van die duurder tekkies hê. Dis net 20 mets (R6.00) duurder  en ons gee maar bes. Die partytjie verloop goed.
 Maar nou moet ons ook eers vertel van Augostino se ‘love letter’. Buite die hekkie sit ’n ander seun, bietjie ouer, wat ook gereëld hier kom, maar nie deel van die groep is nie en nie na die partytjie genooi is nie. Hy het hier kom speel saam met hulle en een van die groep het hom uitgestoot en Alta moes praat en sê dat dit nie mooi is om so te maak nie.  Hy bly staan en naderhand sien Alta dat die trane oor sy wange loop en  gaan praat met hom. Hulle wil hom nie hier hê nie en sy groep baklei ook met hom. Hy word toe ingebring en eenkant weg van die ander gehou. Op navraag hoor ons dat hy baie probleme het en sukkel om in te pas. So sit hy toe Saterdag buite die hekkie, ons sien hom maar hy moet maar leer jy kan nie inbreek op ander se partyjie nie. Hy sit buite en maak later die hekkie groot oop en bly doenig by die hek. Na die partyjie loop Alta op na die babas waar sy ook opdiens is en word van die camerada af al vertel dat Augustino iets gedoen het, maar verstaan is moeilik en ’n klompie loop saam om te gaan wys wat vertel word. By die huis gekom sien Alta wat hy, die hele tyd by die hekkie gedoen het.  Die hele koesyn is van bo tot onder vol geskryf, “Love Alta” . Ons lag lekker daaroor en sê as dit maar Petrus was wat dit geskryf het! Nou ja, Augustino moes dit toe maar weer afwas ook.
Saterdagaand het ons die eensame sendelinge weer uitgenooi om te kom kuier, ons bak pannekoek en eet lekker. Pannekoek is toe ook nie ’n vreemde item vir almal nie, daar is net verskillende name daarvoor. Ons kuier lekker en Sonia vanaf Brasilië vertel ons, op haar storievertel manier, hoe die Here haar gekarring het om Mosambiek toe te kom tot sy ingegee het.
Sondag so 12 uur het ons die pad gevat Marloth toe want ons moes vir Bekki en haar ma Maandag in Nelspruit gaan haal, maar meer daaroor volgende week.

22 – 28 April 2013

Maandag die skoolvakansie is verby en ons kry meer gedoen, soos om aan die gordyne te werk. Ons doen nou Portugese lesse op’n hoor en sien sisteem en nie praat nie. Dit beteken ons bou ’n woordeskat op soos ’n baba voordat die begin praat. Maandag-middag/aand ry ons Marloth toe. Petrus het nie rekening gehou dat die Kia se lisensie einde April verval nie en Mosambiek se verkeersbeamptes sal nie verstaan van 21 dae grasie nie. Ons het beplan om 4 uur te ry maar ’n probleem by die babas hou ons hier en ons kom eers 5 uur weg in spitsverkeer. By die grens was dit net 10 minute en totale reistyd 2 en ’n halfuur aan 100km.
Dinsdag word daar voertuiglisensie hernu. Shangaan Bybels word afgelaai vir Iris naby Komatipoort en daarna is ons Malelane toe om materiaal, verf en ’n selfoon te koop, ook alles  vir Iris en so ’n paar goed en middagete vir ons.
Woensdag-oggend stop ons eers in Komatipoort om uiteindelik ’n posbus te kry en daarna terug Zimpeto toe. Woensdagaand lei die Brasiliaanse pastoortjie die ‘Home Groep’ en sy skroef ons op om nie bang te wees of moed op te gee nie, maar slegs een tree op’n slag te neem in ons groei in Christus.
Donderdag is Alta alleen met die kinders. Hulle is heel rustig, hul was redelik besig gehou met goed waar Alta nie nodig is om by te wees nie en het die boodskap gou gesnap dat hulle hul moet gedra en dat die gordyne moet klaar kom.
Vrydag-middag is ons vinnig winkels toe, net die nodige gekry en toe terug.
Saterdag-oggend sit Petrus en John die gordynhangers in die nuwe gebedskamer op, maar Alta is nog besig met die gordyne, 2 van die dogters help ook met die maak en dit vorder bietjie vinniger. Die gebedskamer is reeds Vrydag ingebruik geneem en wanneer die mense daar gaan bid, loer die kinders deur die vensters, dus is die druk vir die gordyne hoog. Saterdagaand begin ons met ‘n program vir hoofsaaklik die enkellopende sendelinge wat eensaam is. Die idee is dat wie ook al lus is en geselskap soek welkom is. Ses daag op en ons begin later Jingles met Uno (waar jy blokkies uit moet terk en dan weer bo-op moet plaas) speel en dit wil voorkom of almal dit geniet het.
Sondag ons gaan na ’n Engelse kerk (Assemblies of God) saam met ander mense van die basis. Wonderlik om weer ’n diens te hoor wat pitkos gee en wat ons kan verstaan.
Ons het nog ’n paar kinders wat ’n bid-ma of -pa nodig het, laat weet asseblief as jy graag vir een kan bid. Ons stuur dan meer spesifieke inligting en die kind se agtergrond. Dit werk, ons sien die verskil in die waarvoor gebid word.

15 – 21 April 2013

Maandag het die skoolvakansie begin, gelukkig is die vakansie net ‘n week. Die kinders was vroeg reeds hier en het die hele dag hier gespeel, met die gewone stryery en rusies.
Dinsdag het ons die kinders na Maputo se Zoological Gardens toe te neem. Dit was nie duur om in te gaan nie, net 45 meticas (dis R15.00) vir 9 kinders en 3 volwassenes. By die ingang is daar ’n fosiel-muurtjie en Alta het verduidelik wat dit is en Amilton het hopenlik reg vertaal. Die tuine aan die begin is redelik, al is die padjie sand, Mosambiek standaard, maar die res is lang gras en erg verwaarloos. Dit was egter vir ons ook ’n belewenis, dis die naaste wat ons seker ooit aan ’n seekoei of ’n krokodil sal kom! Die seekoei is die eerste hok wat ons by kom, die reëling op die muur is afgeroes en plek-plek weg, die seekoei is in die water/modder, dis baie vuil water en die trog is in ’n L vorm. Ons dink nie hy kan omdraai daarin nie. Toe ons later weer daar naby kom sien ons die seekoei is uit sy watertrog en staan met sy ken bo op die muurtjie, hy maak sy bek groot oop asof hy wag dat iemand kos sal in gooi. Na die seekoei kry ons slange in draadhokke, geen glas tussen ons en die slange nie, dis ’n verhoogde sementblad met jakkalsdraad en klein ogiesdraad. Daarna is daar ’n hok waar ’n boom omgeval het en dit lê net so, al vir jare en ons wonder wat van die dier of diere geword het wat daarin was. Die krokodille lê in ’n poel water aan die sonkant, waar uitkom plek is, is digte koelte en die water is vol plastiek bottels en sakke. Die volgend hok waar ons diere in kry is ook krokodille en een lê buite die water en die heining is laag, as jy wil kan jy aan die krokodil raak. Daar was so ’n paar verlore bobbejane in een hok met ’n kleintjie wart deur die heining klim en tussen die mense rondloop. Die blou-ape het 2 hokke en klim ook wanner hulle lus het uit en loop buite rond. Daar is verder geen toiletgeriewe nie en die speelgoed vir kinders is net ’n glyplank wat die kinders se broeke sal skeur en klimrame.  Na ons terug by die sentrum is word die kinders uitgenooi om saam met die groter kinders, in hulle dorm, strand toe te gaan vir die middag. Alta is saam om te help met die beheer. Dit was laagwater en daar was miljuisende krappies en die kinders het hulle gevang en vir ons kom wys. Dinsdagaand is al die sendelinge (±20) na ’n Chinese restaurant om vir Rachel te groet wat Vrydag huis toe vertrek na ‘n jaar diens hier. Op die bus het dit erger as ’n skoolbus geklink, opgemaak met streamers en partjietoeters (blaasgoetjies wat raas). Na die ete het ons aangedring op roomys en die is by’n roomyswinkel geniet wat ons totaal oorgeneem het.
Woensdag probeer ons werk inhaal en gerus kry, maar nie baie suksesvol met die kinders wat besluit het om weer die dag by ons huis deur te bring nie. Woensadgaand het ons die kinderdiens wat gewoonlik Donderdagaande is omdat hier ’n besoekende pastoor vanaf Swaziland is wat die diens waarneem. Hy preek in Engels en ons kan volg maar hy herhaal ook weer alles ’n paar keer.
Donderdagaand het ons Home group, Nancy van Amerika (die vrou waarvan ons vertel het die vorige week se blog) leer ons van ‘round table’ met konflik as die besprekingspunt, Dit is ’n metode om lewensbeginsels te bespreek en daaruit te leer. Ons korrigeer ons self in die vorige week se blog waar ons gesê het sy bied ’n kursus aan wat deur Round Table USA opgestel is, dit is ’n kursus wat opgestel is deur La Red Business Network en meer kan gelees word daaroor op hulle webblad www.lared.org.
Vrydag groet ons Rachel  voor sy weg is lughawe toe en trane vloei. 12:45 het ons ons eerste Portugese-taalles vir ’n uur. Ons het op ’n vorige Home group vertel van ons frustrasies met die beperking om Portugees te praat, waarop Dominique (die Switser wat finansies hanteer) die kans gebruik om die metode waarin hy opleiding ontvang het met taalleer aan te wend, taalvaardigheid is ’n passie by hom en as gevolg daarvan het al die sendelinge nou al die woorde geleer ‘Ek sal bid vir jou’ na ons dit die een aand gesing het. Die opleiding begin met 20 lesse waar jy net na die taal luister, ons het begin om eers te luister na 4 groente soorte, daarna moes ons dit uitwys op prente wanneer dit gesê word, daarna het die werkwoorde, optel en neersit, bygekom waar ons die verskillende items moet optel en neersit, ens. Ons het nou 2 keer ’n week die kursus en sal sien hoe dit vorder.
Uit die gesprek met die sendelinge het ons agtergekom dat daar baie eensaamheid onder hulle is en gevolglik het ons besluit om geleenthede te skep om hulle gereeld by mekaar te bring. Die eerste was kegelbal Vrydagaand, ons was 9 wat met die Basis se bussie hier weg is in spitsverkeer. Dit was nie te duur volgens Mosambiek standaarde nie, R50 per kop. Almal het dit al voorheen gespeel behalwe ons twee, maar ons het nie teruggestaan vir hulle nie en het selfs advies gegee hoe om die bal te gooi. Dit was heel lekker.
Saterdag en Sondag is ons so stil moontlik deur met baie slaap en die veranderinge wat by die huis aangebring is (’n bykomende heining by die voordeur), het gehelp om die kinders weg te hou wanneer ons privaatheid soek.
As julle Ockie se stuk oor muskiete gelees het, dit is so dat hulle jou bykom as enige deel van jou aan die net raak. Hier is ’n nuwe plaag van muskiete tans en dit voel partykeer mens moet die deure oopmaak sodat hulle uit die huis uit kan kom, so baie is daar in die huis.
Ons kry net klagtes dat julle almal koud kry, hier is die temperatuur nog heel aangenaam (julle hoogste temperatuur is gelyk aan ons laagste) en het Saterdagaand ’n redelike swaar reenbui gehad.

Krokodil en heining is 1.2 m hoog

Bobbejaantjie wat uit die hok klim
Blou-aapie wat buite rondloop

Die seekoei

 

Toestand van dieretuin

Ete by Chinese restaurant

Die roomysplekkie, Rachel is die meisie met die grys sweetpaktop en kameraband in die hand

Verstaan dat ons die roomysplek oorgeneem het
Alta in aksie

8 – 14 April 2013

Dinsdag kry Petrus die versoek om ’n besoeker met die rekenaarnetwerk te koppel, haar naam is Nancy en sy is van USA. Sy is ons ouderdom en kom al vir 11 jaar na Iris se basisse toe, ±5 weke per jaar. Baie praat, is nie die regte woorde vir haar nie, so veel so dat syself gesê het dat sy ons koppe van ons lywe af praat en toe ons nalaat om dit teen te staan was sy baie gebelg en selfbewus daaroor, maar dit het haar nie lank afgesit het nie en sy eindig op om saam met ons te eet en te help skottelgoed was. Ons ken haar hele geskiedenis, sy het ons ook vertel van ’n voorval waar sy en ander persoon gebid het vir ’n baba wat geen oë gehad nie en na hulle gebed,  het hulle gesien hoe die oog in die baba vorm. Sy het ook vertel van ’n gebeurtenis waar ’n groep gebid het vir die teenwoordigheid van die Heilige Gees, later het hulle op foto’s, wat gedurende die gebed geneem is, vuurtonge bokant elkeen se kop gesien, sy het vir ons die foto gewys. Daar was nog baie maar sy het ons dronk gepraat. Sy is baie entoesiasties en bied hierdie jaar ’n kursus aan wat deur Round Table USA opgestel en aangebied word. Ons sal meer daaroor vertel volgende week want ons deurloop die kursus hierdie komende Woensdagaand. Hier is ook nou ’n nuwe lang termyn sendeling wat Dinsdag gearriveer het. Helen is vanaf  New Zealand en help by die kliniek. Sy het ons vertel dat sy nog in haar kinderskoene staan as ’n Christen, sy is nou so ’n jaar ’n Christen en sy was by die Harvest School. Ons is nie meer die nuutste sendelinge  hier nie!!!
Woensdagaand is dit ons beurt om Home Group aan te bied. Ons het begin met eers ’n teksvers of twee en dan sing van ’n lied wat daarby gepas het. Hulle het ons uitgedaag en ons het dus vir hulle ook ’n Afrikaanse liedjie laat sing na ons dit eers vertaal het, dit was ‘Ek sal bid vir jou’. Ons het nagmaal gevier en elkeen ’n kans gegee om te vertel van probleme wat hy/sy het en waarvoor daar vir hulle gebid kan word. Dit was fantasties almal het deel geneem en ons het Donderdag ’n lys uitgestuur van elkeen se gebedsversoeke. Daar was ook verder baie positiewe terugvoer van die sendelinge wat wys maak nie saak wat se werk jy doen nie, jy bly maar net ’n mens met persoonlike probleme. Daar is ’n voorstel dat ons dit teminste een keer per maand doen.
Donderdag was heelwat koeler en  ons het baadjies en truie gesoek, iewers deur die dag was daar ook ’n paar druppels. Die kinders was knorrig en ge-irriteerd.
Vrydag was dit John se verjaarsdag en Clare wou vir hom ’n verrassing reël by die werkswinkel in samewerking met die werkers, sy stuur ook ’n email vir al die sendelinge en vergeet om sy naam van die groep af te haal, gelukkig het hy nie die email gelees nie. John het egter met middagete Vrydag besluit hy het klaar gewerk en wil saam met die bus Shoprite toe gaan. Na ons hom met ’n storie by die werkswinkel gekry het, het ons fees gevier tot hulle Shoprite toe is.
Saterdag besluit ons om 2 van die seuns saam te neem stad toe as ’n ‘outing’ vir hulle. Hulle ry roltrappe en kyk hoe mense ten pin bowling speel. Ons ry strand langs en kom op mooi ou geboue af en kom eers na ete by die huis terug. Hulle eet toe elk 4 snye brood en eiers vir middagete. Catherine het ’n braai gereël Saterdagaand hier by ons, vir al die sendelinge en vir ons huweliksherdenking verlede week. Meeste daag op en dit is ’n heerlike kuieraand. Laura en Steve en Ros vertel staaljies van jare gelede en almal lê soos hulle lag.
Sondag is ons kerk toe soos normaalweg en Sondagaand kom kyk die kinders DVD. Hulle het nou ’n week skoolvakansie. Dit kom voor asof die kinders begin vastigheid vind deur ons, hulle is kalmer, gehoorsamer en kom soek gereeld individuele aandag by ons. Hulle is jaloers op hulle tyd met ons en jaag die ander kinders, wat nie deel van die groep is nie, weg indien hulle ook hier wil kom speel.
Bid saam met ons vir een van die ouer kinders wat al swakker word, hy is HIV positief, het TB en kanker. Dit is hartverskeurend om hom so te sien lei en hy weet dat die einde nader kom. Dankie vir die wat aangebied het om vir individuele kinders te bid, daar is nog vir wie gebid kan word, laat weet asb. indien jy belangstel om deel te neem. Een van die kinders waarvoor gebid word was een van die moeilikes en hy is besig om al hoe meer rustig en gehoorsaam te word en ons glo dit is omdat daar vir hom spesiaal gebid word.

1 – 7 April 2013

Maandagaand by die ‘Business Meeting’ kry Clare en ons sjokolade vir die versiering van die kerk.
Dinsdag  was die maandelikse aankope van voorraad vir die ‘Nursery’. Dis nogal uitputtend en jy het baie geduld nodig, dis Afrika en als word op Afrika-tyd gedoen.
Woensdagaand kry ons koud en trek vir die eerstekeer ’n warmding aan. By ‘Home Group’ word daar afskeid geneem van Ma Nellie, daar word dankie gesê en trane gestort. Hulle bid vir Ma Nellie en vir ons. Sien die foto’s onder. Daar was ’n lekker koek en Petrus het lekker ge-eet, soos altyd, ook ’n doggybag huis toe. Die groepfoto wys omtrend al die sendelinge hier, daar is net 5 van jonger meisies nie op die foto nie: een het die foto geneem, twee is vir ’n tydperk huis toe, een het besoekers rond geneem en een het saam met haar ma en pa vakansie gehou. Die swartetjie is een van die groter kinders hier wat die tolk was vir twee Brasilianers wat nie Engels magtig is nie.
Donderdag is dit steeds koud die oggend maar later begin die son bak en dit word warm. Die kinders kyk DVDdie middag en so 3 uur val ons in die pad Marloth toe met ’n lang lys van goed wat ons vir almal in Nelspruit moet kry, John en Clare is weer saam want hulle moet deur die grens om hulle visa vereistes na te kom.
Vrydag-oggend is Alta se stem weg en ons kan dit nie vind nie en dit op ons 32stehuweliksherdenkking. Ons val in die pad Nelspruit toe, spandeer ’n uur by ’n materiaal winkel sonder om baie te kan wys, jaag na die oor-mense om Ma Nellie se nuwe gehoorapperaat te kry wat ’n verder 1¼ vat, daarna die eerste mall waar ons eet, kos koop en van die goed wat op die lys is, ’n goeie 3 ure. Daarna na die volgende mall waar ons vir Louis Koster (’n klompie van julle sal hom ken) raakloop en lekker gesels, ’n verdere uur. Daarna na die derde mall waar daar so ‘n bietjie vergeet word om als te doen (en dit sal natuurlik juis die moeilike sendeling se goed wees, wat vergeet word) want ons val vas in CUM. 4 uur jaag ons terug middestad toe na die krale winkel vir Clare waar sy tot 5 uur deurbring en die winkel leeg koop. Ons keer terug Marloth toe met ’n lys waarvan daar nog baie nie afgehandel is nie. (Sorry dit is maar so en dit sal moet wag tot iemand weer Nelspruit toe gaan).  
Saterdag is Alta se stem terug maar sy het koors en is ons Komatiepoort toe vir pille en vleis, ons het ’n slaghuis gevind waar die vleis en biltong goed en redelik goedkoop is (veral in vergelyking met Mosambiek, biltong kos R330/kg teenoor R168/kg in SA). Saterdagaand gee Clare vir ons ‘n pakkie, wat sy vir ons gekoop het Vrydag by CUM, as dankie dat ons hulle rondry en ook vir ons huweliksherdenking. Sy het iets in Afrikaans gesoek en besluit op Angus Bucham sonder om vir iemand daar te vra om vir haar dit te vertaal na Engels sodat sy weet wat sy koop, wel dit was toe ‘Woorde van Wysheid vir jou Pa’ Ons het almal lekker daaroor gelag, maar Petrus gebruik dit.  
Sondag is ons weer AGS kerk toe in Komatiepoort en John en Clare is saam. Die pastoor wend ’n goeie poging aan om ook Engels in sy preek te gebruik om die Engelssprekendes te akkommodeer. Ons het ’n punt daarvan gemaak om elke keer Komatipoort toe, dieselfde pad te ry sodat Ma Nellie dit kan leer en ons los haar op Marloth, sy is baie gelukkig, Sondagmiddag met die opdrag dat sy die afstandbeheer van die alarm en haar telefoon die heeltyd saam haar moet dra. Dit gaan vinnig by die grens, so ver so dat aan Mosambiek kant vra Petrus die doeanebeampte om die voertuig deur te gaan en hy besluit hy sit te lekker en vra net watter voertuig is ons s’n, wat nogal amper tot teen die dak gelaai was, praat iets in Portugees waarop Petrus sê hy verstaan nie en die ou teken die dokument en ons is weg. Alta is nog steeds siek en die aand is ons kliniek toe waar sy getoets is vir malaria, wat negatief is, deur ’n verpleegster wat glad nie Engels kan praat of verstaan nie.

’n Storie van vasbyt: Hier daag ’n Switzerse familie op, wat ’n voertuig gehuur het in SA (Landrover) om deur Mosambiek te toer. Hulle stop hier by Zimpeto vir ’n paar dae, want hulle ken een van die sendelingpare wat ’n uitreikpunt het naby Marracuene, Dinsdagoggend wil hulle saam, met hulle gehuurde voertuig,  Marracuene toe gaan, hulle het net tot buite die hek gevorder en daar het die Landrover geen ratte nie (die vermoede is dat hulle 4 wiel wou gebruik by die hek en die koppeling het iewers weggeraak in die aandrywing gedeelte tussen hoë- en laeaandrywing. Ons sleep hulle terug tot in die voertuigpark. Iris se werktuigkundige is seker hy kan dit regmaak, maar die verhuringsmaatskappy wil eers met die werktuigkundige praat en daar is ’n taal probleem. Later stuur hulle ‘n plaaslike maatskappy om die voertuig te kom haal en hulle laat weet dat hulle ’n ander voertuig stuur en ’n ratkas vir die gebreekte een. Twee dae later is hulle hier weg met die nuwe voertuig op die res van hulle toer, net om die naweek verder noord in Mosambiek te gaan staan met die voertuig wat net een rat het, nl. 5de. Die maatskappy stuur glo weer vir hulle ’n ander voertuig van Johannesburg af. Dit is goeie diens van ’n maatskappy wat voertuie verhuur, maar wie se voertuie in ’n swak toestand is.


25 – 31 Maart 2013

Maandag, die dag verloop goed en die kinders is nogal rustig, hou hulself besig met teken en speel. Alta probeer hul help met lees, dit gaan maar sukkel want die uitspraak is ’n probleem. Hulle raai alles en kan nie onderskei tussen woorde nie.
Dinsdag was daar ’n bemoediging/opleiding gereël, dit was gedoen deur ’n  Mosambiekse pastoor, ons sal nie sy naam gee nie, om hom en sy gemeenskap te beskerm. Dit was baie interresant en inspireerend.
Sy boodskap het gegaan oor ’n intieme verhouding met God en ‘fellowship’ met God. Hy het ‘fellowshp’ op gedeel in ‘glory’ en ‘power’. In kort het hy gesê dat glorie gebrokenheid is, wat jou laat oorgee in God se teenwoordigheid en jou laat met ’n gevoel van tevredenheid. Krag het hy gesê,  skud jou en laat jou verontrus/ onrustig/ inberoering en laat jou met ’n gevoel van grootsheid/ manjefiekheid. Hy het Jesaja 11:2 hanteer met die 6 manifistasies van die Heilge Gees, gaan lees dit gerus. Later het hy so 3 mense geroep en vir hulle gebid, toe kom hy na ons toe en vra of hy ook vir ons kan bid en sê dat daar mense is wat ons nie hier wil hê nie, maar dat daardie selfde mense sal omdraai en jammer sê en dat ons moet vas staan in wat ons doen (die enigste waarvan ons weet wat met ons ‘n probleem het, is die voertuigbestuurders waar Petrus inligting bymekaar maak van misbruik van voertuie, opsom en aan bestuur deur gee, wat nooit voorheen gedoen is nie).
Tweede het hy gepraat oor kultuur en tradisies veral onder Mosambiekers Ons het gedink ons weet hoe swartmense dink en doen, maar dit het ver tekort geskied.
Volgens hom is kultuur die omgewing waarin jy groot word en deel van jou word. Tradisie is dit wat jy aanleer by die ouerhuis en kan afgeleer word. Verder het hulle meer respek en eerbied vir die dooies as vir enige lewende person, dit is omdat hulle glo dat die dooies hulle kan aanval as hulle nie respek aan hulle betoon nie en dis ook waarom hulle so vasklou aan die voorvadergeeste. Swartmense kan nie verder dink as dit wat hulle geleer het in hulle omgewing nie, hulle het nie ’n verbeelding nie, weet nie hoe om oor dinge wat jy graag sal wil hê te droom nie, kan glad nie kreatief dink nie en het daarom geen vooruitsigte of beplanning vir die toekoms nie behalwe dit wat hulle by ander sien (blankes).
‘n Groot persentasie probeer om verwerping te verwerk, hulle word nie as babas en kleinkindertjies vasgehou nie, ander voorbeelde is kinders wat op 9 jarige ouderdom veld toe gestuur word om vee op te pas, sonder werklike kontak en verhoudings met hulle ouers vir die res van hul lewens, pa’s wat nie by die huis is nie, dink aan die mynwerkers wat weg van hulle families werk, ens. Dit veroorsaak  dat hierdie kinders wanneer hulle groot is, steeds verwerp voel en dan aggresief word wanneer hulle byvoorbeeld in leierposisies beland, omdat hulle nie weet hoe om mag te hanteer nie.
Soos in SA word die kinders hier gedwing om in ’n ander taal as hulle huistaal skool te gaan wat baie pyn en probleme veroorsaak.
Laaste het ons verneem van probleme wat ’n gemeenskap met politiekeleiers het en daar is vir hulle gebid. Wat hier gebeur het is dat die regerende party wou hê die geestelike leier moes by die politieke party aansluit. Hy het geweier wat reg is omdat hy ’n geestelike is en mense van verskillende politieke partye bedien. Die regering het net daar die registrasie van die kerk geweier en die bou van die kerkgebou gestop. Bid asb. vir hulle.
Hier is geen erkening vir Christelike vakansiedae nie en paasfees of Goeie Vrydag is ’n gewone werksdag, dus geen paasnaweek nie. Hoe bevoorreg is ons nie in Suid-Afrika nie, hierdie regeering soek goedkeuring en leiding by voorvadergeeste en toordokters.
Dondergaanddiens is op die sokkerveld en die plaaslike gemeenskap was genooi. Na die diens wys hul dele uit  “The Jesus Film”. Die band het agter op ’n trok musiek gemaak en die film is op ’n projektorskerm gegooi. Wat teen die trok se kajuit staan gemaak is. Ons het op die kerk se bankies gesit. Gelukkig het dit die vorige twee nagte gereen, anders was dit net stof en weet ek nie of die bankies sou vasstaan nie, soos dit was, het hulle diep in die sand in gesink.
Met Maandag se besigheidsvergadering is gevra of ons sal help om die saal te versier vir Vrydag in swart en Sondag in mooi helder kleure en blomme. So kom dit dan dat daar net twee is wat hulp aanbied en dit erf. Nou ja, Alta is een van die en Clare wat die beplanning gedoen het, die mans en Ouma was die slawe wat moes help. Ons werk met dit wat beskikbaar is, 6 meter swart lap, ’n paslaken, swartsakke, ’n slaapsak en ’n stuk donkerbruin lap. Dis nogal min as jy weet die voorste gedeelte van die kerk is seker so 10meter, indien nie meer nie en die materiaal net ’n meter breed. Dit alles moes voor twee uur klaar wees en ook nie te vroeg begin kon word nie, want dan trek die kinders dit af. Vrydagmiddagdiens begin toe net na twee uur en eindig eers vyf uur. Die een sendeling het ’n groep kinders geneem en ’n toneel van die instelling van die nagmaal, verhoor en kruisiging van Jesus opgevoer. Vier van ons groepie seuns was ook daarin. Volumebeheer is nog nie iets wat hier verstaan word nie, en die prediker en sy Shangaan tolk het nie een ’n mikrofoon of klankversterking nodig gehad nie. Die arme tolk wat in Engels vir ons moes tolk en by ons gestaan het, het nie ’n kans gehad om sy stem hoorbaar te maak nie. Hulle het die vorige week opleiding van ’n profesionele klankingenieur gehad, dit het nie juis gewerk nie.
Saterdagaand is begin om die transformasie van die kerk te doen vir Sondagoggend se diens. Die opdrag was mooi kleurvol en met baie blomme. Clare het toe ons laas in Suid-Afrika was, helder kleure materiaal gekoop vir ’n projek wat sy aan die gang het, maar nog nie gebruik het nie. Eers is die agterste muur met wit materiaal getooi en toe met ’n kruismuurbehangsel wat Clare het en van die gekleurde stroke materiaal langsaan. Sy het ook die boog wat gewoonlik vir troues gebruik word, met ’n reenboog, hemel en heuwel versier. Die res is Sondagoggend gedoen. Vroeg Sondagoggend het Alta en Ouma gaan blomme bymekaar maak op die terrein. Dis nogal ’n taak, hier is min blomme, net boganvillas en lelies en die lelies blom nie nou nie. Boganvillas hou ook nie baie goed in potte nie. Die eerste boganvilla wat ons rek om by te kom se tak breek en ons sny toe maar al die blomme af. Die res was in ons eie tuin. Hulle het in die week die palms terug gesny en Alta het toe ’n klomp van die takke aangedra huistoe. Emmers is gebruik as blombakke met sand daar in om die blomme op hul plek te hou en nie om te val nie. Almal was beindruk met die versierings en soveel so dat ons dalk ook vir ’n troue die saal moet versier.
Sondagaand braai die sentrumbaas en sy vrou by ons, hulle wou ’n bietjie met Ouma kuier voor sy volgende naweek permanent teruggaan Marloth toe. Ons gee hulle pap en sheba wat hulle vir die eerstekeer eet.
Foto’s

Donderdagaand op die sokkerveld (daar is nie gras nie net sand)

Vrydagmiddag

Sondagoggend