ID in Christus 29/11/2019

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:9 ‘Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.’ (AOV ’53)

Omdat ons in God en Jesus glo, deel ons in dieselfde voorspoed as wat Abraham geken het.

ID in Christus 22/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Eph 2:19 ‘So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,’ (AOV ’53)

Hoe wonderlik, my geloof in Jesus het my posisie van vreemdeling en bywoner verander na medeburger van heiliges, na familie (huisgenote) van God!

ID in Christus 15/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 2:13 ‘Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ (AOV ’53)

Dankie Jesus, deur U bloed is ek nou nader (beter verhouding) aan God, ons Vader.

ID in Christus 08/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 2:6 ‘en saam opgewek (uit die dood) en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,’ (OAV ’53)

Wow, ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en sit saam met Hom in die hemel!

ID in Christus 1/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 3:12 ‘Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toegaan.’ (NLV)

Baie dankie Jesus, vir U werk op die kruis, wat ons vry gemaak het deur ons geloof in U! Dankie dat ons nou enige tyd by God, ons hemelse Pa, kan aanklop sonder twyfel, met sekerheid en in vertroue.

ID in Chrustus 25/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 3:6 Dié geheime plan is dat die nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry word. (NLV)

Ek deel in die beloftes van God. Dis deel van die erfenis op grond van dit van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het.

ID in Christus 18/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

Ek is ‘n lid van die liggaam van Christus, ek het ‘n verhouding met die lede van die liggaam van Christus (Sy kerk), ek is ‘n lid van die familie in Jesus Christus.

ID in Christus 11/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:8,9 ‘Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. ‘ (ANV)

Omdat ek in Christus is, skyn Jesus se Lig deur my en is ek ‘n lig in die duisternis. (Jou voorbeeld word gesien.)

ID in Christus 4/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 2:19 ‘Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.’ (ANV)

Ons is deel van God se huisgesin, ons is Sy kinders!

Ek het ‘n verhouding met my Pa en dis wonderlik! Het jy?

ID in Christus 27/09/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 3:12 ‘In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.’ (ANV)

Deur ons geloof in Jesus kan ons in vrymoedigheid en met vertroue tot God nader. Jesus het vir ons sondes betaal en ons is regverdig voor God.

Gaan klim op jou hemelse Pa se skoot! Gee Hom ‘n drukkie.