ID in Christus 5/06/2020

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 3:24 ‘en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.'(AOV)

Ons verdien nie om geregverdig (vrygestel) te word nie, dis deur God se genade dat ons verlossing ontvang in Christus. Dankie Jesus dat U ons sondelas op U geneem het!




ID in Christus 29/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet2:24 ‘Hy het self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur Sý wonde is julle genees!’ (NLV)

Omdat ons as gelowiges sonder sonde en regverdig voor God staan, het Jesus se wonde ons ook genees van alle siektes! Dis ‘n afgehandelde saak! Jesus is wonderlik! Eis jou genesing van alle siektes op! (Jes53:3-5 Selfde belofte)




ID in Christus 22/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet2:24 ‘Hy het self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur Sý wonde is julle genees!’ (NLV)

Jesus het ons sonde in Sy liggaam gedra op die kruis! As gelowiges is ons vry van die sondelas, Jesus het die prys betaal. Dankie Jesus!




ID in Christus 16/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Pet2:24 ‘Hy het self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur Sý wonde is julle genees!’ (NLV)

Jesus het ons sonde in Sy liggaam gedra, op die kruis! As gelowiges is ons vry van die sondelas. Dankie Jesus vir díe vryheid!




ID in Christus 8/05/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet 2:9 ‘….Julle is ‘n koningkryk wat uit priesters bestaan, ‘n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ‘n volk wat heeltemal God s’n is. Dit het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in Sy wonderlike lig ingeroep het.’ (NLV)

Ons wat glo is, priesters, ‘n nasie in God se diens, ons is geheel en al God se eiendom. Ons behoort aan God! Dankie Vader, die wonderlike seëning bring ons in U lig.




Agtergrond

Hierdie is geskep op Whats-app vir die tydperk gedurende die isolasietyd met die COVID19-virus. So jy sal sien dat daar na Whats-App verwys word, indien jy by die groep wil aansluit stuur ‘n epos na alta@paministries.co.za met jy inligting dat sy jou kan aanheg. Alles wat op Whats-App gestuur word sal op hierdie blad ook geplaas word en jy kan kommentaar ook lewer.




ID in Christus 2/05/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

1Pet
2:9
‘Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike
priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te
verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het
tot sy wonderbare lig, ‘(AOV)

Ons
is gekies om koninklike piesters en ‘n heilige volk te wees! Ons moet
God se diens en goedheid verkondig. Ons is nie meer in die donker
nie, ons is lig.




ID in Christus 25/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

1Pe
1:15, 16

Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul
hele lewenswandel heilig word, 16
omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. (AOV)

Jesus
het ons geroep tot geloof en om
heilig te wees, ons het ‘n rol in ons eie
heilig wording. Dis ‘n
keuse wat ons maak, om Jesus te glo en te vertrou
wat daartoe lei dat ons lewenswandel Sy heiligheid reflekteer. In
Jesus is elke gelowige heilig (set apart, consecrated, sanctified).




ID in Christus 18/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

Kol
3:12
‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie
lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig
en verdraagsaam wees.’ (ANV)

As God se geskappenes is ons uitverkore en het God ons baie lief! (Ps139) Hoe wonderlik, ons is uitverkies van die begin af en God het ons baie lief. Dankie Vader, U het elkeen van ons geskape, gekies en lief!




ID in Christus 11/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

Kol
3:12

‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom
moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam
wees.’ (ANV)

Ons is die uitverkorenes van God en God het ons baie lief. Dis wonderlik om herinner te word dat God ons elkeen geskape het as Sy uitverkore kinders en dat Hy ons lief het.