Koninklike Identiteit 19 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Filippense 1

Fil 1:1 Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.

Fil 1:6  –  ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! (Ef2:10)

Fil 1:20Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid.

Fil 1:21Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig.

Prys die Here! U gee my krag en moed! Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit 12 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:21 ‘Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.’

Sonder Christus is die lewe waardeloos en tydelik, maar saam met Hom is die lewe waardevol en ewig. Dankie Jesus!

Royal Identity in Christ 12 April 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Phil 1:21 ‘For to me, to live is Christ, and to die is gain.’ NKJV 

Life is worthless and temporary without Christ, but with Him, life is valuable into eternity. Thank you, Jesus!

Koninklike Identiteit 5 April 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:20 ‘volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.’ AOV53

Ek skaam my nie vir Jesus nie, en verheerlik Christus met vrymoedigheid. Dankie Vader God, U gee my krag en moed!

Royal Identity in Christ 5 April 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Phil 1:20 ‘according to my earnest expectation and hope that in nothing I shall be ashamed, but with all boldness, as always, so now also Christ will be magnified in my body, whether by life or by death.’ NKJV

I am not ashamed of Jesus, and I glorify Christ with boldness. Thank you, Father God, You give me courage!

Royal Identity in Christ 29 March 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Phil 1:6 ‘ And I am sure of this, that He who began a good work in you will bring it to completion at the day of Jesus Christ.’ ESV

Praise the Lord! A Good work (new birth) has started in me and shall be completed! Thank You, Jesus. (Eph2:10)

Koninklike Identiteit 29 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:6  ‘omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’ AOV53

Prys die Here! ’n Goeie werk (wedergeboorte) is in my begin en sal voltooi word! Dankie, Jesus. (Ef2:10)

Koninklike Identiteit 22 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 1:1 ‘Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens:’ AOV53

Die gelowiges word as heiliges in Christus gegroet. Ek glo in Jesus en is heilig as gevolg van alles wat Jesus deur die kruis en opstanding gedoen het.

Royal Identity in Christ 22 March 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Phil 1:1 ‘Paul and Timothy, bondservants of Jesus Christ, To all the saints in Christ Jesus who are in Philippi, with the bishops and deacons:’ NKJV

The believers are greeted as saints in Christ. I believe in Jesus and am holy because of all that Jesus did through the cross and resurrection.

Koninklike Identiteit 15 Maart 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Efesiërs 6

Ef 6:10  – Ek het krag deur my verhouding met Jesus Christus!

Efs 6:13 – U wapenrusting gee my krag en moed, en laat my staande bly

deur alle aanslae van die bose.

Efs 6:16 – Deur Jesus, kan ek met die skild van geloof, al die pyle van vuur uitblus wat na my toe kom.

Dankie Vader God, vir Jesus en die wapenrusting.