Lees saam met ons die Ou Testament

Josua

Betekenis: Die Here is my verlossing

Skrywer: Josua, behalwe die laaste gedeelte wat moontlik deur die Hoë Priester opgeteken is. Josua was 85 jaar toe hy die volk begin lei het vir 25 jaar en 110 toe hy dood is.

Doel: Om die besetting van Kanaän, die beloofde land weer te gee.

Temas: Oorwinning en besetting

  • Sukses – word nie bepaal deur die gemeenskap om ons nie. Sukses kom deur aan te pas by God se denkwyse en standaard.
  • Geloofsverbintenis – is om God in alles te ken en erken, om in noue verhouding met Hom te leef. Dit bring doel en sin in ons lewens.
  • Leiding – soos Josua se sterk leierskap, kom uit gehoorsaamheid en vertroue in God. Volg God se leiding getrou en presies.
  • Toewyding – bring oorwinning. Om God te gehoorsaam vra toewyding, entoesiasme en liefde. Ons moet elke aspek van ons lewe vir God gee en Hom vertou om ons te lei. (laat elke asemteug tot Sy eer wees.)

Inhoud:

A. Trek die beloofde land binne (Josua1:1-5:12)

  • Josua lei die volk.
  • Deurtog deur die Jordaan

B. Neem die land in besit (Josua5:13-12:24)

  • Aanval op die Middel van die land – Jerigo, Ragab, Ai, altaar op Ebal en wet voorgelees.
  • Aanval op die suide van die land
  • Aanval op die noorde van die land
  • Oorsig oor die oorwinnings behaal.
  1. Verdeeling van die land (Josua13:1-24:33)
  • Die stamme ontvang hulle grond.
  • Spesiale stede benoem.
  • Stamme van oostelike deel keer terug na hulle huise.
  • Josua se dood

Gehoor: Israeliete

Tydperk: Onseker, ongeveer 1451-1475 voor Christus. ‘n 25 jaar tydperk, van Moses se dood tot Josua se dood.

Interessante feit: Joshua en Kaleb was die enigste Israeliete wat Egipte verlaat het en die beloofde land binne gegaan het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *