Lees saam met ons die Ou Testament

Deuteronomium

Betekenis: Die is ‘n Griekse woord wat beteken kopieër of herhaal. (Dis die 2de keer wat die wet herhaal word en dit aan die nuwe generasie Israeliete).

Skrywer: Moses

Doel: Die boek herinner aan alles wat God al vir hulle gedoen het en bemoedig hulle om hulle lewens opnuut aan God te wy.

Temas: in kort: Onthou – Gehoorsaam – Gee Aandag (neem kennis).

  • Geskiedenis – God se beloftes en dade in ons lewe gee ons hoop en moed vir die toekoms.
  • Wette – Verbintenis tot God en Sy waarheid is nie outomaties nie, dis elke persoon se eie verantwoordelikheid om op God se oproep te reageer.
  • Liefde – God se liefde is die fondasie van ons geloof in Hom. Hy bewys Sy trou deur Sy liefde.Dit bring verlossing en respek en eer vir God.
  • Keuses – Om God te volg het voordele (seën) en bevorder ons verhoudings. Verwerping van God se weë bring nadele.
  • Bely en leer – Dit is belangrik om ons kinders te leer van God se waarhede, dit moet harts-kennis word nie net kop-kennis en tradiesies bly nie.

Inhoud:

  1. Wat God vir gedoen het en gaan doen. Moses Spreek die volk toe, die eerste maal. (Deut 1:1-4:43)
  • Terugblik van wat God gedoen het en Israel se optrede.
  • Vermanings
  1. Riglyne om heilig (Goddelik) te lewe. Moses spreek die volk toe die tweede maal. (Deut4:44-28-68)
  • Tien Gebooie
  • Liefde tot die Here jou God.
  • Voorskrifte vir loof en prys van God.
  • Voorskrifte om die volk te regeer.
  • Voorskrifte vir verhoudings tussen mense.
  • Gevolge van gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid (BeloftesDeut25:1-14 en vloeke Deut28:15-68)
  1. Verbond herbevestig. Oproep tot verbintenis met God. Moses spreek die volk toe vir die derde maal. (Deut29:1-30:20)
  • Moses het ‘n beroep op die volk gedoen om God lief te hê. En Jesus het dit herhaal in Mat22:37-39.
  1. Verandering in Leierskap. Moses se laaste dae. (Deut 31:1-34:12)
  • Moses se lewe was nie sonder foute en sonde nie, maar hy was getrou aan God en het in integrieit (eerlik en opreg) gelewe.

Gehoor: Die nuwe generasie Israeliete wat die beloofde land sal binne gaan.

Tydperk: Geskryf 1407/8 voor Christus. Die boek is oor ‘n 2 maande tydperk op die Moab vlaktes geskryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *