Levitikus
Betekenis: ‘En Hy Roep’ of ‘Die weg na God’
Skrywer: Moses
Doel: Riglyne vir die priesters en die Levite (familie-groep), hoe om hulle pligte in loof en prys tot God uit te leef (Lev1:1-17:16) en die Israelite te lei om heilige te lewe (Lev18:1-27:34).
Temas: Verhouding met God en mense.
- Offers: 5 verskillende soorte offers wys sondes uit en hoe nodig ons vergiffenis het. Lewe is in die bloed en elke dier wat geoffer is was ‘n heenwysing na Jesus se opoffering, lyde en dood vir al ons sondes vir ewig.
- Lofprysing en toewyding: 7 feeste het gereelde tye vir kontak met God bewerk om dankbaarheid en verering van God daar te stel.
- Gesondheid: Deur fisiese regulasies(reëls) in verband met voedsel-, siekte- en seksuele–sake is die volk beskerm. Hierdie reëls het ook morele en geestelike beginsels bevat, wat vir Israel ‘n gesonde omgewing geskep het, waar hulle liggaamlik gesond en in ‘n beskermde morele omgewing effektief kon leef tot eer van God.
- Heiligheid: Beteken ‘opsy gesit / uitsonder/ toewy vir God’ – Elke area van ons lewe moet tot eer van God wees. Ons volg nie meer elke reëling soos in die Ou Testament nie, want Jesus het ‘n Nuwe Verbond (ooreenkoms) vir ons gesluit. Ons moet egter steeds in geestelike toewyding, eer en heiligheid lewe.
- Levite: Die Levite was die bedieners (pastoor, predikant) wat aan die volk, God se ‘manier’ moes uitleef en net so moet ons, as navolgers van Jesus Christus aan die wêreld Jesus se liefde, opoffering en genade wys.
Inhoud:
- Lofprysing aan God (Lev1-17:16)
- Voorskrifte vir die Offers
- Voorskrifte vir die Priesters
- Voorskrifte vir die Nasie
- Voorskrifte vir die Altaar
- Leef Heilig (Lev18:1-27:34)
- Standaarde vir die mense
- Reëls vir die Priesters
- Seisoene en Feeste
- God se Seëninge
Gehoor: Die Israelite
Tydperk: Ongeveer 1445-1444 voor Christus geskryf. Moses het 1 jaar aan hierdie boek geskryf.
