Lees saam met ons die Ou Testament

Joël

Betekenis: Jehova is God

Skrywer: Joël is die skrywer.

Doel:  Om Juda te waarsku teen hulle sonde en om na God terug te keer voor die oordeel kom.

Tema:

  • Straf – In die Ou Testament was God se straf soos ‘n sprinkaanplaag, alles was weggeneem van hulle, want hulle wou nie na die profete luister nie. Dank Vader God, dat Hy Jesus gestuur het om ons te kom verlos van ons sondige natuur. Ons is nou onder ‘n beter verbond.
  • Vergiffenis – God was nog altyd lief vir die mense wat Hy geskape het en wil ‘n verhouding met ons hê. Hy wil dat ons moet weg draai van sonde en terug keer na Hom toe. Hy is lief vir ons en gereed om ons alles te vergewe.
  • Belofte van Heilige Gees – In Joël2:28-29 word die Heilige Gees beloof. In die Ou Testament het Heilige Gees net in ‘n situasie ingekom vir die tyd wat dit nodig was. Eers na Jesus opgevaar het, is die Heilige Gees uitgestort in Handelinge2 op die gelowiges. Ons is in ‘n nuwe bedeling (verbond) waar die Heilige Gees in ons woon.

Inhoud:

A. God oordeel Juda (Joël1:1-2:27)

  1. Sprinkaanplaag gestuur. (Joël1:1-2:11)
  2. God roep Juda tot bekeering (Joël2:12-17)
  3. God belowe herstel na die sprinkaanplaag (Joël2:18-27)

B. Die dag van die Here (Joël2:28-3:21)

  1. God beloof die Heilige Gees (Joël2:28-29)
  2. Geleentheid tot bekeering (Joël2:30-32)
  3. God oordeel die Nasies (Joël3)

Gehoor: Juda, was die suidelike koninkryk.

Tydperk: Ongeveer 835-796 voor Christus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *