Lees saam met ons die Ou Testament

Daniël

Betekenis: Sy naam beteken -God is my regter.

Skrywer: Daniël, ‘n uitstaande mens wat onberispelik (opreg) gelewe het in wysheid en kennis van God en in die Babiloniese regering diens gedoen het.

Doel:  Om ‘n geskiedkundige verslag te gee van die getroue Jode wat in ballingskap was en te wys hoe God omgee vir Sy mense.

Tema:

  • God is in beheer – God is alwetend en in beheer van wêreld gebeure. God sal goddelose leiers en koninkryke verwyder, maar sal die getroues wat Hom kies red. Christus se Koninkryk, sal die wêreldse konikryke vervang. Mat6:33
  • Doel van die lewe – Daniël en sy vriende is voorbeelde van toewyding en vasstaan in hulle geloof ongeag die gevolge en druk. Dit is wys om slegs op God te vertrou en aan Hom gehoorsaam te wees. Dit is die ware doel van ons lewe en ons sal rigting en vrede ervaar ten spyte van omstandighede. Ons eerste verbintenis is aan God.
  • Volharding – Daniël het nooit sy geloof in God verlaat of toegegee aan druk van die ongelowige regering wat hy vir 70 jaar moes bedien nie. Hy was deurentyd eerstens getrou aan God. Moet nie toelaat dat jou besondere Christen-karakter dof word nie. Bid aanhoudend, behou jou integriteit (eerlikheid, opregtheid) en dien God getrou waar jy is.
  • God is Getrou – Daniël se lewe getuig van God se getrouheid in moeilike omstandighede. Vertrou God  in alle omstandighede, Hy is getrou en sal ons nooit verlaat nie. Hebr13:5

Inhoud:

A. Daniël en sy vriende (Daniël1:1-6:28)

  1. Daniël in die Paleis
  2. Daniël verklaar Nebukadnesar se Droom.
  3. Daniël se Vriende en in die Vuuroond
  4. Nebukadnesar se droom van die Boom
  5. Skrif teen die Muur – Belsasar
  6. Daniel in die Leeukuil

B. Daniël se Visione (Daniël7-12:13)

  1. Diere wat uit die See kom.
  2. Skaapram en Bokram.
  3. Daniël se Gebed
  4. Profesië oor die Verbondsvolk en Eindtye

Gehoor: Die wat gevange was in Babilon, saam met Daniël.

Tydperk: Geskryf 536 voor Christus. Die boek dek die ballingskap van 73 jaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *