Lees saam met ons die Ou Testament

Genesis

Beteken: Begin

Skrywer: Moses

Doel: Om God se skepping van die aarde aan te teken en die mense af te sonder om Hom te aanbid.

Temas:

  • Begin – van alles. Waarde vandag:Onsleer dat God alles goed gemaak het, dat mense spesiaal en uniek is vir God, dat God alles onderhou wat geskep is.
  • Ongehoorsaamheid – Ons het keuses. Waarde vandag: Dit verduidelik waarom mense sleg is en swak keuse maak.
  • Sonde – Verwoes lewens a.g.v. ongehoorsaamheid. Waarde vandag: God se weg maak ons lewe sinvol en produktief.
  • Beloftes – God sluit verbonde (maak beloftes). Waarde vandag: God kom Sy beloftes na. Hy belowe om ons lief te hê, te aanvaar en te vergewe.
  • Gehoorsaamheid – Herstel ons verhouding met God. Waarde vandag: Die enigste manier om die voordele van die beloftes te bekom.
  • Voorspoed – Meer as welfaart. Waarde vandag: Gehoorsaamheid aan God bring vrede in verhoudings.
  • Israel – God het die nasie gekies (1) om Sy weg vir die wêreld voor te hou (2) om te wys wie Hy werklik is, (3) die wêreld voor te berei vir die koms van Christus. Waarde vandag: Ons moet God se waarheid en liefde aan die wêreld uitleef (bewys).

Inhoud:

  • Die Skeppingsverhaal (Gen1-2:3)God het gespreek en dit was!
  • Adam se Verhaal, Sondeval en Belofte van Verlossing (Gen2:4-5:32)
  • Noag se Verhaal en Babel (Gen6:1-11:32)
  • Abraham se Verhaal (Gen12:1-25:18)
  • Isak se Verhaal (Gen25:19-28:9)
  • Jakob se Verhaal (Gen28:10-36:43)
  • Josef se Verhaal (Gen37:1-50:26)

Gehoor: Oorspronklik vir die nasie Israel, maar ook vir elke kind van God.

Tydperk: Geskryf 1450-1410 voor Christus.

Genesis gee vir ons die geskiedenis en verhaal van die skepping tot by Josef, dit is ‘n tydperk van ongeveer 2315 jare.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *