Lees saam met ons die Ou Testament

Klaagliedere 

(die Hebreeuse woord beteken ‘hoe’)

Betekenis: Rou-beklaag, of uitdrukking aan rou.

Skrywer: Jeremia

Doel: Om ongehoorsaam aan God te wees nooi moeilikheid in, maar God is altyd daar vir ons. Die boek is geskryf na Juda weggevoer is na Babilonië en Jeremia beskryf die hartseer oor die gebeure.

Tema:

  • Ontnugtering – Alles is vernietig, afgebreek – alles is weg, hulle voel verlate, daar is geen toekoms nie. Volgehoue sonde bring verwydering van God. Erken en draai weg van sonde, terug na God toe. Hy wag vir ons met oop arms.
  • God se Genade – God is getrou aan ons, al is ons nie. Hy is genadig vol liefde en gereed om te vergewe.
  • Sonde se Gevolge – Sonde is die oorsaak van ellende en die vernietiging was die resultaat van hulle sonde. Vertrou op God, en nie op ons eie insigte nie. (Spr3:5,7)
  • Hoop – God het uitkoms belowe en Jesus het gekom sodat ons ewige hoop kan hê. Jesus Christus se dood en opstanding en die belofte dat Hy weer kom, gee ons hoop vir die toekoms.

Inhoud:

  1. Jeremia treur oor Jerusalem. (Jer1:1-22)
  2. Die Here se woede oor sonde. (Jer2:1-22)
  3. Hoop in die verdrukking. (Jer3:1-66)
  4. Die Here se woede kom tot ‘n einde. (Jer4:1-22)
  5. Jeremia pleit vir herstel. (Jer5:1-22)

Gehoor: Die mense van Juda wat weggevoer was in ballingskap.

Tydperk: 586-587 voor Christus.

Interessantheid: Die boek is in akrostiese poësie (digterlike vorm) geskryf, wat met die letters van die alfabet (Hebreeuse) begin. Elke hoofstuk het 22 verse en die middelste, hoofstuk 3 het 66 verse (22×3).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *