Lees saam met ons die Ou Testament

Jesaja

Betekenis: Verlossing van Jehova

Skrywer: Jesaja, die profeet. Die boek is geskryf in poësie (digterlik) en prosa (verhaal) vorm.

Doel:  Om die nasie van Juda terug te bring na God toe en om te vertel van God se verlossingsplan deur die Messias.

Tema:

  • Heiligheid – God is heilig, sonder sonde en daarom die enigste een wat ons van sonde kan verlos. Ons kan slegs heilig word deur in Jesus te glo en dit is in ons gees wat ons heilig is.
  • Straf – Jesus het ons straf op Hom geneem, dit maak die wat in Jesus glo regverdig, vry voor God. (Rom5:6-10)
  • Verlossing – kan sleg verkry word deur in Jesus te glo, niks wat ons doen sal ooit goed genoeg wees om ons vry te koop nie, sleg geloof (vertrou) in Jesus, sal vir ons verlossing verseker.
  • Messias – is gestuur om te sterf vir ons sondes. Vertrou op Jesus Christus en laat Hy alleen in jou lewe heers.
  • Hoop – Ons wegdraai van sonde en vertroue in Jesus bring hoop wat alle verstand te bowe gaan. (Filp4:6-7)

Inhoud:

A. Oordeel oor Israel en Juda (Jesaja 1-39)

  1. Profesië oor Juda en Jerusalem (Jes 1-12)
  2. Profesië van Oordeel oor die Nasies (Jes 13-23)
  3. Profesië van Wêreld Oordeel eindig in Israel se Verlossing. (Jes 24-27)
  4. Profesië van Oordeel en Genade (Jes 28-35)
  5. Inval en Verlossing van Juda (Jes 36-39)

B. Genade, Verlossing  en Hoop (Jesaja 40-66)

  1. Isreal se vrylating deur Kores (Jes 40-48)
  2. Toekomstige Verlosser (Jes 49-57)
  3. Toekomstige Koninkryk (Jes 58-66)

Gehoor: Juda, Israel en die Nasies.

Tydperk: 700-681 voor Christus.

Interessantheid: In Jesaja kry ons ‘n interessante ooreenkoms met die Bybel, soos  die Bybel 66 boeke het, het Jesaja 66 hoofstukke. Die eerste 39 boeke handel oor die Ou Testament en die OT het 39 boeke. Die volgende 27 boeke handel oor Jesus nes die Nuwe Testament wat ook 27 boeke het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *