Hooglied
Betekenis: Beste van die Liedere
Skrywer: Salomo.
Doel: Om te vertel van die liefde tussen ‘n bruidegom en sy bruid. Geestelike verwys die boek na die liefde van God vir Sy mense.
Tema:
- Seks – is God se geskenk en opdrag binne die huweliksverbinding wat deur God ingestel is. Kyk na Gen1:28 en Gen2:21-25. Die huwelik en huweliksgeskenk (seks) vra toegewyde verbinding. Dit het ‘n spesifieke doel en as dit nie verstaan word nie, word dit misbruik. Dis bedoel om binne die huwelik geniet te word en nie om wellus te bevredig nie.
- Liefde – is ‘n kragtige uitdrukking van gevoelens tussen ‘n man en ‘n vrou, en moet met die nodige erns benader word. Moet nie liefde voor die tyd ‘ryp druk nie’ (vorsseer).
- Toewyding (commitment) – Die krag van liefde het meer as gevoelens nodig om dit te beskerm. Die grense van ‘n huwelik bring daardie beskerming vir ons liefde. Romanse hou ‘n huwelik interessant, maar die toewyding aan mekaar maak die huwelik sterk. Die besluit om te trou, moet hierdie verbintenis in toewyding aanmekaar bevestig en die verhouding verstewig, reeds voor die huwelik.
- Skoonheid – is dieper as wat die oog kan sien. Liefde en lof moet oor meer as die uiterlike gaan, dit gaan oor die karakter-eienskappe van die persone betrokke – die toewyding, integriteit, morele waardes, erns en omgee, die dinge wat ewigheidswaarde het.
- Probleme – kom wanneer ons op onsself konsentreer eerder as op die geliefde. Hou God in die verhouding en hanteer probleme terwyl dit klein is en kommunikeer behoorlik.
Inhoud:
- Die Ontmoeting. (Hooglied1:1-2:7)
- Verhoudingbou. (Hooglied2:8-3:5)
- Verlowing. (Hooglied3:6-5:1)
- Haar Droom van haar geliefde. (Hooglied5:2-6:3)
- Hy prys sy bruid se skoonheid. (Hooglied6:4-7:9)
- Bruid se liefde. (Hooglied7:10-8:4)
- Krag van Liefde. (Hooglied8:5-14)
Tydperk: Ongeveer 971-931 voor Christus.
