Prediker
Skrywer: Salomo, volgens oorlewering. Kyk ook Predeker1:1
Doel: Om te verduidelik dat sonder God, alles nutteloos of sinneloos is.
Tema:
- Soeke – Ons almal is gebore met ‘n verlange (begeerte) na ons skepper. Dit is onmoontlik om sonder God geluk te vind. Soek God eerstens en die res sal aan jou gegee word. (Mat6:33)
- Leegheid – Leegheid is ‘n gevoel wat nie deur pret en plesier gevul word nie. Al wat die leë gevoel vul is om op God te fokus. Soek God in alles, elke asemteug, elke taak, elke gedagte. Alles wat eerstens tot God gerig word sal suksesvol en bevredigend wees.
- Talente en Werk – Ons ingesteldheid (attitude) is belangrik. Pak enige taak of opdrag aan asof dit direk van God af ontvang is. God gee ons insig, wysheid en die vermoë en geleenthede om dinge te kan doen. Gebruik die geleenthede goed en tot Sy eer.
- Dood – Ons aardse lewe is kort, ons liggaamlike dood is die gevolge van die sondeval in Eden. Wat ons hier op aarde gedoen het, sal oor geoordeel word. Deur ons geloof en vertroue in God, Jesus en Heilige Gees, het ons hoop op aarde en sekerheid waar ons geestelik sal wees na ons liggaamlike dood.
- Wysheid – Wanneer ons in God glo, rig en lei Hy ons. Hy het Sy Heilige Gees vir ons gegee wat in ons woon, ons moet net vra en gehoorsaam hoe om dinge te doen. (Jak1:5)
Inhoud:
- Aanloop (Prediker1:1-11)
- Versameling van algemene waarneming en praktiese raad (Pred1:12-8:17)
- Finale gevolgtrekking (Pred9:1-12:14)
Gehoor: Aan die tydgenote van die skrywer en almal wat dit lees.
Tydperk: 935 voor Christus, laat in Salomo se lewe.
