Lees saam met ons die Ou Testament

Psalms

‘n Boek wat saamgestel is uit verskillende mense se werk

Betekenis: Heilige lied of psalm.

Skrywers: Skrywers en die aantal wat hulle geskryf het. Dawid 73; Asaf 12; Koragiete 9; Salomo 2; Herman (saam met Koragiete, Etan,en Moses 1 elk; Anoniem (onbekend) 51. In die Nuwe Testament word Ps2 en Ps95 aan Dawid as die skrywer gereken volgens Hand4:25 en Hebr4:7.

Doel: Om in digvorm uiting te gee aan aanbidding, lof en prys, en belydenis tot God.

Tema:

  • Lofprysing – Psalms is om lofprysing aan God as ons Skepper, Onderhouer en Verlosser te bring. Lofprysing is om te erken, te waardeer en om dit uit te spreek en God te loof vir Sy goedheid en grootheid.
  • God se Almag – God is almagtig en altyd betyds. God se mag is sigbaar in die skepping, geskiedenis en in Sy Woord. God is altyd gereed om ons te help, maar Hy kan nie iets doen wanneer ons dit nie oorgee nie. God is altyd by ons, ons het ‘n beter verbond (Jesus het ons kom verlos) as die mense in die Ou Testament (Verbond) gehad het met God.
  • Vergiffenis – Baie Psalms is gebede wat handel oor vergifnis en hou niks terug nie. God ken ons en weet alles ivm ons lewens. Hy wil ‘n intieme verhouding met ons hê (net soos met Dawid, eerlik en opreg). Deur Jesus is ons vergewe! Om te vergewe is om te onthou wat Jesus vir ons gedoen het en is vir ons meer werd as vir die persoon wat deur ons vergewe word.
  • Dankbaarheid – Ons is dankbaar teenoor God wat vir ons liefhet, omgee, help, versorg en genadig is. Hy lei beskerm en vergewe ons en voorsien ook in al ons behoeftes. Wanneer ons besef hoe voordelig ‘n verhouding met God is, hoe dankbaarder is ons teenoor Hom.
  • Vertroue – God is getrou en regverdig, Hy gee ons vrede wanneer ons op Hom vertrou in alles en deur alles. Ons sien God se getrouheid deur die Bybel se geskiedenis, ons kan op Hom staatmaak in alles. (Ps146:3) God is teenwoordig in alles wat met ons en om ons gebeur.

Inhoud: Psalms is nie volgens onderwerpe gerangskik nie. Dit is interessant om die temas in elke deel van die boek met die 5 boeke wat Moses geskryf het te vergelyk.

Boek I: Psalms1-41:13 – Hierdie groep Psalms is hoofsaaklik deur Dawid geskryf en kom ooreen met Genesis. Die Psalms beskryf hoe die mens geskape is, in sonde verval het en die beloofde verlossing deur God.

Boek II: Psalms42:1-72:20 – Die groep Psalms is deur Dawid en die Koragiete geskryf en kom ooreen met Eksodus. Dit beskryf die verval en herstel van die volk.

Boek III: Psalms73:1-89:52 – Die groep is deur Asaf en afstammelinge geskryf en kom ooreen met Livietikus. Livietikus handel oor die tabernakel en God se heiligheid en die Psalms vertel van die tempel en God se heerlikheid in die tempel.

Boek IV: Psalms90:1-106:48 – Die groep is meestal geskryf deur onbekende skrywers en stem ooreen met Numeri en handel oor die verhouding tussen Israel en die nasies rondom Israel.

Boek V: Psalms107:1-150:6 – Die groep Psalms is ook meestal deur Dawid geskryf en kom ooreen met Deuteronomium. Dit handel oor God en Sy Woord en is aanbidding, lof en dank vir God en Sy Woord.

Gehoor: Die mense van Israel.

Tydperk: Geskryf tussen die tyd van Moses (ongeveer 1440 voor Christus) en die Babeloniese gevangeniskap (586 voor Christus).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *